5

Weg! - - Dorp Van Die Maand Haenertsburg -

Hier is ’n sê­ding in hier­die ge­wes­te: “As jy eers die wa­ter van die Le­ta­ba ge­proe het, sal jy nooit wil weg­gaan nie.” Dis die­self­de met die bier wat van dié wa­ter ge­brou word.

Ek stap vroeg­og­gend saam met Lu­ca Too­l­ey, brou­er van die Zwakala B­re­we­ry, tus­sen die groot sil­wer tenks deur in die A­fro-chic-proe­lo­kaal. (Zwakala is ’n s­lêng­woord wat “kom na­der” be­te­ken.)

Lu­ca (27) het boe­tiek­bier in sy stu­den­te­ja­re op S­tel­len­bosch ont­dek en ná om­swer­win­ge in Aus­tra­lië hier op sy ou­ers se plaas ’n mi­kro­brou­e­ry be­gin.

Die brou­e­ry is op die­self­de plaas as die Zwakala Ri­ver Retreat en die ge­wil­de Mi­na’s Art Café and Farm Ve­nue. Hy brou se­dert Mei 2015 en het tans drie soor­te: Lim­po­po La­ger, Na­ked Ale en Moun­tain Weiss. Hy wys die goue me­dal­je wat sy Lim­po­po La­ger by die South A­fri­can Na­ti­o­nal Beer Trop­hy ge­wen het. “Dit was een van slegs twee mi­kro­brou­e­ryla­gers wat goud ge­kry het,” sê hy trots. Ek proe ’n Lim­po­po La­ger en koop sum­mier ’n ses­pak. Waar? G­len­den­nis Farm L10-pad, C­heerio Val­ley. GPS S23.90070 E29.93235 Oop Die brou­e­ry is oor na­we­ke en o­pen­ba­re va­kan­sie­dae oop van 11 vm.-5 nm., maar bel as jy ’n af­spraak in die week wil maak. Lu­ca doen ook daag­liks twee gra­tis toe­re van die brou­e­ry. Hier’s groot hout­ta­fels bui­te waar jy kan aan­sit vir ’n lang glas bier en ’n ham­bur­ger. Kos­te R30 vir ’n 500 ml-bier, R150 vir ’n ses­pak. Kon­tak 073 791 6797; zwa­ka­la­bre­we­ry.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.