BLY HIER

Weg! - - Dorp Van Die Maand Haenertsburg -

C­heerio Gar­dens Word wak­ker in C­heerio Gar­dens se be­roem­de tuin. Hier is twee net­jie­se self­sorg­kot­hui­se. Wees op die uit­kyk vir sa­man­go-ape wat in die bo­me bal­jaar. Gas­te kan van Woens­dae tot Son­dae ont­byt be­stel by The De­li and Cof­fee S­hop in die tuin oor­kant die dam. Waar? L4.2-pad, C­heerio Val­ley. Kos­te R1 000 p.n. vir ’n self­sorg­een­heid (slaap­plek vir 4). R1 500 p.n. vir ’n self­sor­ghuis (vir 7 men­se). Kon­tak 083 355 0835;

cheeri­o­gar­dens.co.za

Black Fo­rest Moun­tain Lod­ge Kom ont­span in ’n self­sor­ghui­sie op ’n plaas na­by die in­heem­se Black Fo­rest. Stap of ry fiets in die woud of vang vis in ’n na­by­ge­leë plaas­dam. Hier’s po­nie­rit­te vir die kin­ders. Waar? So­wat 4 km suid­wes van Ha­e­nerts­burg langs die D5-grond­pad. Kos­te Kamp: R300 per staan­plek (4 men­se per staan­plek). Mos­sie­kot­huis: R550 p.n. (slaap­plek vir 2). Coot-kot­huis: R850 p.n. (slaap­plek vir 4). Plaas­huis: R2 600 p.n. (slaap­plek vir 12). Kon­tak 082 715 1606;

black­fo­re­st­lod­ge.co.za

Amble Inn Ver­re­weg die bes­te uit­sig op Ha­e­nerts­burg en die Iron Cro­wn. Drie ka­mers en een self­sorg­een­heid. Hier is ’n ruim stoep waar jy met iets kouds kan sit en in die ver­te tuur. Be­spreek voor­af vir ont­byt of aand­e­te. Waar? Langs die R71, so­wat 500 m wes van die dorp. Kos­te Dub­bel­ka­mer: R750 p.n. Self­sorg­een­heid (slaap­plek vir 4): R900 p.n. Ge­sins­ka­mer (slaap­plek vir 4): R1 300 p.n. Kon­tak 074 059 0560;

am­bleinn-ha­e­nerts­burg.co.za

The Pen­ne­fat­her Ver­beel jou jy is ’n goud­soe­ker en slaap in een van die ses vol­le­dig toe­ge­rus­te self­sorg­kot­hui­se ont­werp in die styl van die des­tyd­se my­ners­hui­sies. Elk­een se naam – soos Long Tom en Ri­der Hag­gard – het ’n in­te­res­san­te sto­rie. Jy is ook dig­by die kom­pleks se drie win­kels en re­stau­rant – sien no. 4. Waar? Hoek van Ris­sik- en Ma­re­straat. Kos­te Self­sor­ghui­sie: R760 p.n. (slaap­plek vir 2). Kon­tak 015 276 4885;

the­pen­ne­fat­her.co.za

Zwakala Ri­ver Retreat Kamp saam met vrien­de in die eks­klu­sie­we kamp­plek langs die Broe­der­stroom­ri­vier. Of be­derf jou ge­lief­de met ’n na­week “weg” van al­les af – die net­jie­se hui­sies het nie e­lek­tri­si­teit nie – hier is son­pa­ne­le en don­kies vir warm wa­ter. Swem of vang vis in die ri­vier, of drink ’n bier by die brou­e­ry langs­aan. Waar? G­len­den­nis Farm L10-pad, C­heerio Val­ley. Kos­te Kamp: mi­ni­mum R400 p.n. (Hier is plek vir 16 men­se, en hul­le laat net een groep op ’n slag toe.) Sol­der­woon­stel­le in s­kuur: R850p.n. (slaap­plek vir 2) Kot­hui­se: R1 500 p.n. (slaap­plek vir 4). Kon­tak 083 980 8433;

zwa­ka­la­retre­at.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.