EET HIER

Weg! - - Dorp Van Die Maand Haenertsburg -

Caf­fé Vil­la Trat­to­ria “Gooda food li­ke Mam­ma ma­kes” , ver­klaar die naam­bord, en dis wat jy hier kry: puik I­ta­li­aan­se kos. Pro­beer die la­sa­gne (R75) en ’n ti­ra­mi­su (R25) as jy ’n sui­ker­tand het. Hier is ook speel­plek vir kin­ders. Kon­tak 082 322 2436

The Iron Cro­wn Pub & Bis­tro Die Ha­e­nerts­bur­ger (R100 dan kry jy ook ’n Zwakala-bier!) is los­han­de die lek­ker­ste ham­bur­ger in Lim­po­po: kaas, blaar­slaai, ma­ka­da­mi­a­neu­te, a­vo­ka­do en bes­sie­blat­jang! Kon­tak 015 276 4755

Min­ki’s “Li­fe’s too short for bad cof­fee,” staan teen ’n muur ge­skryf. In­der­daad. Min­ki’s se kof­fie en ont­byt is puik. Pro­beer ge­rus ook een van die kre­a­tie­we melk­skom­mels (R36) – van die Cin­na­bun- tot die Tur­kish De­lig­ht-geur. Kon­tak 015 276 4781

The Red Pla­te Sit bin­ne of op ’n dek en be­kyk die groot spys­kaart – die vark­nekste­ak (R85) is ’n wen­ner. Hier is ook Ban­ting-op­sies. Kon­tak 083 305 2851

Vil­la­ge Kit­chen Pro­beer die bees­stert­pas­tei met ’n slaai (R65) en die kof­fie met kon­dens­melk (R25). Ná die tyd kan jy in ’n leun­stoel deur ’n La­wren­ce G­reen­boek blaai. Die re­stau­rant is by die Me­mo­ry Hold-the-Door boek­win­kel. Kon­tak 079 525 7849

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.