BA­VI­AANS­KLOOF

Die Wild Cor­ri­dor-berg­fiets­toer loop deur die Ba­vi­aans­kloof, ’n stuk Ka­roo, bo-oor die Ou­te­ni­qua­berg en strek oor 420 km, 5 dae, moed­breek­op­draan­des, wil­le af­draan­des en lang grond­paaie. Dis mooi, maar nie­mand se speel­maat nie.

Weg! - - In­houd - WOOR­DE EN FO­TO’S WIL­LEM VAN DER BERG

Wil­lem van der Berg ta­kel die op­pe en die af­fe van die Wild Cor­ri­dor­berg­fiets­roe­te en kry nu­we waar­de­ring vir dié be­son­der­se wil­der­nis­ge­bied

Goed, voor hier­die sto­rie ver­der gaan, eers ’n be­lang­ri­ke stuk­kie in­lig­ting: P­re­sies 10 dae voor­dat die Wild Cor­ri­dor-berg­fiets­toer be­gin het, is ek ge­vra of ek dit wou doen. Jon Min­ster (hy werk vir Weg se sus­ter­tyd­skrif go!), wat dit eint­lik sou doen, was só blik­ners ge­ry ná ’n an­der uit­da­gen­de fiets­toer deur die Tank­wa-Ka­roo dat hy nie meer kans ge­sien het nie.

Al het ek maan­de laas ge­trap, stem ek in en ry ek drie keer ’n 18 km-roe­te ter voor­be­rei­ding. Met 54 km op my rit­me­ter en bid­den­de vrien­de en fa­mi­lie se on­der­steu­ning ry ek af P­let­ten­berg­baai toe om die Wild Cor­ri­dor te gaan kaf­draf. Of eer­der, plat te trap.

Die groep fiets­ry­ers – 26 men­se van reg­oor die land – het op P­let­ten­berg­baai by­me­kaar­ge­kom waar die gid­se van Dry­land Ri­de hul­le ont­vang en al­mal eers vir ’n vin­ni­ge boot­vaart op die oop­see ge­gaan het. Maar my eer­ste sien van al­mal is by die eer­ste oor­nag­plek op die S­pring­bok­vlak­te na­by die wes­te­li­ke grens van die Ad­do-o­li­fant na­si­o­na­le park. Ons ten­te staan in die veld van die gas­te­plaas D­rie­kui­len, so­wat 50 km suid­oos van S­teyt­ler­vil­le.

’n Droë wes­te­wind skop kwaai stof op en dit lyk nie as­of die stads­men­se van Jo­han­nes­burg en Kaap­stad dit veel ge­niet nie. In my tuis­stad, Bloem­fon­tein, het ons met die af­ge­lo­pe twee jaar se droog­te ge­woond ge­raak aan ’n bie­tjie sand tus­sen die tan­de en ek re­ken dat ek – on­danks my twy­fel­ag­ti­ge fiks­heids­vlak – reeds hier­die klein voor­sprong bo my me­de­trap­pers het. Ver­der sien ek baie van die men­se is heel­wat ou­er as ek. Hier is ’n o­mie met dun been­tjies, ’n an­der ou lyk heel on­fiks en van die vroue lyk ho­pe­loos te fyn om vyf dae in ’n saal uit te hou. Ek voel ge­rus dat ek by die ag­ter­ste bon­del sal kan by­bly.

Hoe meer haas, hoe min­der spoed

Ek praat my­self moed in dat hier­die ’n berg­fiets­toer is en nie ’n re­sies nie. Ons is hier om dit te ge­niet en nie te jaag nie. Een van die groot trek­pleis­ters van die Wild Cor­ri­dor-berg­fiets­toer is die na­tuur.

Die toer het ten doel om die pu­bliek be­wus te maak en geld in te sa­mel vir ’n pro­jek om ’n trek­roe­te vir die wild­le­we, maar ver­al o­li­fan­te, van die Knys­na­bos tot in die Ad­do-

o­li­fant- na­si­o­na­le park te skep en te be­waar. Die trek­roe­te sluit in die Tuin­roe­te- na­si­o­na­le park, Ba­vi­aans­kloof-wil­der­nis­ge­bied en die Ad­do-o­li­fant na­si­o­na­le park, maar die or­ga­ni­seer­ders wil die pri­vaat­grond tus­sen die na­tuur­re­ser­va­te deel maak van die roe­te so­dat die­re vry­lik heen en weer kan be­weeg. Daar­om be­gin ons hier na­by Ad­do en ry ons oor die ber­ge na Pa­ten­sie, dan deur die Ba­vi­aans­kloof, deur U­ni­on­da­le, op en oor die Prins Alf­red­pas tot op P­let­ten­berg­baai.

Die vol­gen­de og­gend trek ek ’n ruk­kie voor al­mal weg so­dat ek die groep kan in­wag en ’n paar fo­to’s kan neem. Hul­le kom ver­by en teen die tyd wat ek weer op my fiets is, trek die bon­del al in die ver­te. Vol ver­troue dat ek die ag­ter­stes gou gaan in­haal, laat waai ek op die grond­pad. Die og­gend­lug is vars en stil rond­om my. Vir ’n wy­le kan ek ver­staan waar­om par­ty men­se lan­de deur­kruis op hul­le fiets. Maar dan be­gin klim ek die eer­ste ef­fen­se op­draan­de…

Ru­di du Toit, wat me­die­se by­stand ver­leen op die toer, kom ry la­ter ’n ent ag­ter my met sy bak­kie net so­dat ek weet ek is die heel laas­te fiets op die toer. Voor my raak die oop wit pad tus­sen my en die groep ál lan­ger. Ná om­trent 15 km laai ek my fiets by Ru­di op so­dat ons kan in­haal.

By die eer­ste wa­ter­punt, om­trent by die 30 km-merk, wag Frank Car­lis­le en John van den Berg (deel van die Dry­land Ri­de-span) ons on­der ’n af­dak­kie in met pie­sang­brood, kol­wyn­tjies, dro­ë­wors, neu­te, koel­drank en ys. Van hier af trap ek weer saam.

Die grond­pad loop al aan die on­der­kant van die Ba­vi­aans­berg en daal en klim aan­hou­dend. Ter­wyl ek die der­de steil­te uit­suk­kel met be­ne en ’n bors­kas wat brand, be­sluit ek om nooit weer ’n op­roep of e-pos van Jon te ant­woord nie en ver­lang ek na Bloem­fon­tein se vlak­tes. John trek ge­luk­kig met die bak­kie langs my in en sleep my oor nog ’n he­le paar bul­te.

Dan be­gin die pad af­kron­kel na die Groot­ri­vier­poort. Vir ’n he­le paar ki­lo­me­ter moet jy net klou en kon­sen­treer en hoef jy nie ’n en­ke­le keer te trap nie. Tot­dat jy deur die hel­der wa­ter van die Groot­ri­vier ge­spat het, want net daar­na be­gin die rof­ste klim van die he­le toer – ’n vol­le 18 km op ’n twee­spoor­paad­jie be­saai met los klip­pe en spoel­slo­te. Hier laai ek weer my fiets op – ek ken my be­per­kin­ge. ’n Paar van die vroue kies ook so. Die op­draan­de is ’n mon­ster. En hoe­wel die om­ge­wing mooi is, weet ek nie een van die fiets­ry­ers sien dit op dié oom­blik raak nie. Vir meer as ’n uur stoei, steun en el­ke nou en dan stoot ons tot­dat ’n oop pla­to, koel berg­wind en mid­dag­e­te ons ver­ras.

Maar ná ete gaan die klim weer voort tot­dat ons uit­ein­de­lik na Pa­ten­sie daal en min of >

GE­DAG­TES OOR BA­VI­AANS (oor­kant­ste blad, van bo). Die Ba­vi­aans­kloof is ’n a­von­tuur in jou 4x4, maar op jou fiets is dit vrekwarm, hel­se op­draan­de en vol klip­pe en slo­te wat kyk of hul­le jou kan laat val; Op dag 2 kan jy teen mid­dag­e­te in die skoon, koel wa­ter van die Ba­vi­aans­kloof­ri­vier plas; Ge­lyk­pad in die Ba­vi­aans en Dry­land Ri­de se on­der­steu­nings­voer­tuig smok­kel met jou kop dat dié fiets­roe­te tog doen­baar is.

MOED­VER­LOOR SE HOOG­TE (bo). Hier is die ry­ers uit­a­sem, pê en by­na aan die eind­punt van die 18 kmop­draan­de uit die Groot­ri­vier­poort op dag 1.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.