S­PLASHY FEN

Was jy al ooit by ’n mu­siek­fees? S­plashy Fen word el­ke jaar in die groen voet­heu­wels van die Drakensberg na­by Un­der­berg ge­hou en is dalk die bes­te plek om jou eer­ste tree­tjie as mu­siek­fees­gan­ger te neem – boon­op kan jy die kroos b­ring.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE EN FO­TO’S TO­AST COET­ZER

Dié fees na­by Un­der­berg is net die ding as jy op soek is na ’n mu­siek­saam­trek waar jou kin­ders wel­kom is

Om ’n draai by S­plashy Fen te maak is meer as net ’n be­soek aan ’n mu­siek­fees. Jy gaan Un­der­berg toe. Jy gaan Drakensberg toe. Jy gaan tus­sen groen heu­wels rond­stap en in ’n skoon ri­vier­stroom swem. S­plashy Fen is Suid-Afrika se oud­ste mu­siek­fees, en ge­noem na die plaas waar­op dit ge­hou word. In 1990 het die plaas­ei­e­naar, Pe­ter Fer­raz, en sy vriend Bart Fok­kens om ’n bot­tel wyn ge­sit en dink dat dit nog­al lek­ker sal wees om ’n paar mu­si­kan­te te nooi om op die plaas te kom speel. Dalk sou ’n paar van hul­le vrien­de kom kyk. Kuns­te­naars soos Syd Kit­chen, To­ny Cox en die Sil­ver C­reek Moun­tain Band het daai jaar kom jol en so­wat 1 200 mense het op­ge­daag, wat Pe­ter en Bart se stout­ste ver­wag­tin­ge oor­tref het.

Dees­dae t­rek tot 5 500 mense oor Paas­na­week hier saam en is die fees lank­al nie meer net ’n paar ou­ens met lang ha­re wat om ’n kamp­vuur sit en tok­kel nie. Hier’s kos­stal­le­tjies met e­nig­iets van ve­ge­ta­rie­se kos tot gour­met­ham­bur­gers, af­ge­ba­ken­de ge­sins­kamp­plek, se­ker­heids­wag­te wat sorg dat jy vei­lig par­ty­tjie hou – en na­tuur­lik ge­noeg mu­siek­ver­maak.

Die mu­siek is ook meest­al rus­ti­ge a­koes­tie­se mu­siek, wat help om S­plashy se le­gen­da­rie­se rus­ti­ge – of laid-back, soos hul­le op En­gels sê – at­mos­feer te hand­haaf.

Kap die tent­pen­ne in

Tus­sen my en my reis­ge­noot, A­li­ce Inggs, het ons waar­skyn­lik al 50 mu­siek­fees­te land­wyd by­ge­woon, maar hier­die is ons eer­ste keer by S­plashy Fen. Ons lang­na­week be­gin net bui­te Un­der­berg, waar ons by die gholf­klub plas­tie­karm­band­jies – wat ons heel na­week moet dra – kry. Al­les vlot en hier’s geen lang toue nie.

Hier­van­daan ry ons 17 km uit die dorp tot by die fees­ter­rein. Die eer­ste veel­kleu­ri­ge ten­te staan reeds op die gras­be­dek­te heu­wel – toe­maar, hier’s ge­noeg ge­lyk plek, selfs vir jou woon­wa – en die sand­steen­kran­se van Gar­den Cas­t­le en Bam­boes­berg is die per­fek­te ag­ter­grond vir die to­neel. Van ver af lyk dit nes Nam­po, maar son­der stro­pers.

Dis nou Don­der­dag en die fees duur tot Son­dag­aand – voor ons lê vier dae en meer as 100 san­gers en mu­siek­groe­pe om te sien.

Ek hou van die af­wag­ting aan die be­gin van ’n fee­s­na­week. Gaan die oor­se­se kuns­te­naar – in 2016 se ge­val ’n Aus­sie ge­naamd Xa­vier Rudd wat die did­je­ri­doe speel soos oom Ol­lie die trek­kla­vier kon laat huil – te­leur­stel, of al­mal be­ïn­druk? Wat­ter nuwe band gaan my noop om van ’n strooi­baal af op te staan en ’n bie­tjie te skof­fel?

Jy be­kom­mer jou ook oor ’n paar goed­jies: Gaan jou gas hou so­dat jy twee­uur sog­gens vir jou Mi­lo by die tent kan maak? Gaan dit re­ën? Hoe wa­ter­dig is jou tent? En moes jy wa­ter­ste­wels in­ge­pak het?

Ons kry ’n oop staan­plek langs ’n boom in die al­ge­me­ne kam­peer­ter­rein. ’n Ent­jie ver­der is die ge­sins­deel, waar net ge­sin­ne mag bly – dus hoef jy jou nie oor ’n Kom­bi met dron­ke­ri­ge stu­den­te uit Dur­ban te be­kom­mer as jy daar tent op­slaan nie.

Soos met baie van die groot mu­siek­fees­te land­wyd (sien bl. 44 vir nóg fees­te) bied S­plashy Fen ook meer for­me­le tent­ver­blyf in so­ge­naam­de tent­ho­tel­le. Dit kos wel heel­wat ek­stra, maar is i­de­aal in­dien jy nie jou eie kamp­goed het nie. Jou tent staan klaar wan­neer jy op­daag, mét ’n ma­tras en bed­de­goed, plus ie­mand maak som­mer vir jou ont­byt ook.

Ons sorg eg­ter hier­die na­week vir ons­self. Ek het my ma se tent ge­leen – ’n groot, lom­pe­ri­ge tent waar­aan ons kamp­bu­re help op­slaan in die ef­fen­se brie­sie. Wan­neer dié staan en die dik op­blaas­ma­tras styf ge­pomp is, be­gin ek en A­li­ce die ter­rein ver­ken.

Dis se­ker een van die be­lang­rik­ste din­ge om te doen ter­wyl dit nog lig is. Maak se­ker jy weet pre­sies waar jou tent staan so­dat jy nie laat­nag in die don­ker troos­te­loos deur die ter­rein dwaal op soek na jou slaap­plek nie. Jy wil nie per on­ge­luk in ’n wild­vreem­de ou se Co­le­man-tent in­kruip nie.

By die S­plashy Coun­try Club is ’n groep win­kels wat snuis­te­rye en kle­re ver­koop – hier’s selfs ’n ap­teek waar jy e­nig­iets van pleis­ters (wie’t nog nie oor ’n tent­tou ge­strui­kel en ’n skraap­wond op­ge­doen nie?) tot hooi­koor­spil­le­tjies kan koop. Dis ook ge­rus­stel­lend om se­ker­heids­wag­te o­ral te sien, as­ook nood­diens­te soos die brand­weer en ’n am­bu­lans.

Die hoof­ver­hoog – waar ein­ste Xa­vier Rudd en Zim­bab­we se O­li­ver M­tu­ku­d­zi gaan op­tree – is met ’n e­nor­me skerm­tent be­dek, want dit re­ën dik­wels ge­du­ren­de S­plashy.

Na een kant is ’n klei­ner ver­ho­gie waar meest­al a­koes­tie­se san­gers gaan op­tree, en daar­naas die kos­stal­le­tjies. Ons neu­se lei ons na ’n ou wat die lek­ker­ste bur­gers met ge­vlok­te vark­vleis ver­koop. Sum­mier be­sluit ons dís mid­dag­e­te vir die vol­gen­de paar dae.

Met bur­ger­sous wat oor ons vin­gers loop, stap ons deur die knoet­sie den­ne­bo­me ag­ter die stal­le­tjies van waar ons na die ri­vier >

kan af­kyk. In die lui krul van die ri­vier staan nog ’n ver­ho­gie – stroom­af staan ten­te en mo­tors op die oe­wers (dis dui­de­lik waar die ou han­de vroeg in­trek om die bes­te plek­ke te skaai) en in die ri­vier plons mense in die wa­ter of op li­lo’s rond.

Dit. Lyk. Lek­ker.

Laat jou hemp uit­hang

Om ’n groot mu­siek­fees by te woon is soos om ’n groot sport­ge­leent­heid in ’n sta­di­on by te woon. Jy deel ’n er­va­ring met dui­sen­de an­der mense – mense wat an­ders is as jy, maar tog deel in ’n ge­meen­skap­li­ke be­lang­stel­ling. En wan­neer jul­le span ’n ses slaan, of ’n drie druk, dan ba­suin jul­le in een stem jul­le blyd­skap uit.

Dis wel ook ’n oe­fe­ning in u­bun­tu, want by ’n groot o­pen­ba­re sa­me­koms skuur jy skou­ers met daai me­de-Suid-A­fri­ka­ner wat jy nie nood­wen­dig ook vir ’n braai sou oor­nooi nie. Maar hier is jul­le nou, saam in die wors­rol­le­tjie­ry of toi­letry – en jy moet ge­dul­dig wees as ie­mand voor jou in­druk.

By ’n mu­siek­fees moet jy ook ge­dul­dig wees, en din­ge met ge­la­ten­heid aan­vaar. Hier by S­plashy moet die 15 stu­den­te in pie­sang­pak­kies vreed­saam kan saam­leef met die ou­er eg­paar in die hoek wat hier is om die mu­siek in te drink (en min­der be­lang stel in die sta­pel bier­gla­sies wat jy op jou kop kan ba­lan­seer).

Hier is kin­ders wa top plas­tiek mo­tor fiet­sie s rond­skoe­ter, ver­lief­de tie­ners wat teen sons­on­der­gang die oom­blik van hand­jies vas­hou ver­In­sta­gram en ’n paar nuuskierige boe­re uit die om­ge­wing wat kom kyk wat als hier an­der­kant die grens­draad roer.

Maar kan jy reg­tig jou kin­ders S­plashy Fen toe b­ring? Ja, ver­al in­dien jul­le reeds ’n ge­sou­te kamp­ge­sin is. Rus jou­self be­hoor­lik toe – kamp­stoe­le, op­blaas­ma­tras­se, kar-ys­kas­sie – en die res van die na­week raak mak­lik. Maak se­ker jou kamp­plek is ’n tuis­te in ’t klei­ne: Dan kan jy e­ni­ge tyd daar gaan a­sem skep wan­neer die fees­ter­rein se ge­druis te veel raak.

So ge­praat van kamp­stoe­le... Ie­mand “leen” reeds die eer­ste aand my en A­li­ce se kamp­stoe­le. Dis wrag­gies iets wat my nog nooit by e­ni­ge van die fees­te wat ek al by­ge­woon het oor­ge­kom het nie, maar nou ja. Ek moes se­ker maar na my ma ge­luis­ter het toe sy my her­in­ner het om al my waar­de­vol­le los goed saans in die mo­tor toe te sluit.

Ons stap die vol­gen­de og­gend ’n ruk rond om te kyk of ons dalk ons stoe­le on­der die bas van ’n son­ver­bran­de stu­dent sien, maar ’n mens be­sef gou dat die be­skry­wing “groen Camp­mas­ter” nie di­vi­den­de gaan op­le­wer nie, want el­ke der­de ou het een.

U­bun­tu het eg­ter steeds ge­se­ë­vier: ons bu­re het vir ons ’n hout­pa­let met kus­sings ge­prak­seer; dus het ons het toe wel sit­plek vir die na­week. Dan­kie, jul­le.

En skop die skoe­ne uit

’n Woord wat jy ge­reeld by S­plashy Fen hoor, is vi­be: Wat is die vi­be by die ri­vier? Of, kom ons gaan kyk wat die vi­be by die ver­hoog is.

Ja, S­plashy se vi­be is son­der twy­fel rus­tig. Mense is hier met die­self­de doel voor oë.

Dalk is dit om­dat S­plashy al so­veel ja­re op die­self­de plek – en so ’n be­son­der­se plek! – ge­hou word. Hier deel jy iets u­nieks met an­der. Dit duur net vier dae, en dan word S­plashy Fen dood­ge­woon weer net ’n plaas (ons het el­ke og­gend in die tent ’n hoen­der­haan doer hoor kraai).

Maar vir hier­die vier dae sy­pel die pol­sen­de mu­siek tus­sen die ten­te deur, skop dan­sen­de voe­te plek-plek stof op en deel jy soms oor ’n ska­re heen ’n glim­lag met ’n wild­vreem­de­ling wat sê: Dis lek­ker om hier te wees.

’n Fees het ’n le­we van sy eie. S­plashy Fen is deur die ja­re deur ver­skil­len­de mense ge­re­ël – en wan­neer jy met ou fees­gan­gers ge­sels wat al se­dert die 1990’s S­plashy by­woon, is dit dui­de­lik dat die fees ook sy vet en ma­er ja­re ge­had het.

Net soos die Suid-Afrika waar­in ons woon, is S­plashy Fen ook ’n soort eks­pe­ri­ment. Kan S­plashy jaar ná jaar ’n plek bly waar mense van ver­skil­len­de ag­ter­gron­de en ou­der­dom­me kan saam­trek rond­om die ge­deel­de ple­sie­re van mu­siek en die bui­te­lug? Wan­neer ek al­mal rond­om my saam sien lag, dans en bier drink, dan dink ek so.

Die sleu­tel tot dit al­les is die mu­siek. Mense wat na ’n mu­siek­fees kom, is klaar ef­fens an­ders as by­voor­beeld ie­mand wat ver­kies om sy mu­siek by die huis met oor­fo­ne te luis­ter. Hier kom jy na­der aan die mu­siek. Die mu­si­kant staan hier voor jou, drie me­ter weg. Jy sien die wa­sem voor sy mond wan­neer hy sing en die lug­gie koud is. ( By­na soos ’n maan­haar op ’n koue K­gala­ga­di-og­gend. – Red.) Dalk kan jy selfs ná die tyd sy hand gaan skud.

In ’n goeie mu­siek­ver­to­ning bou die e­ner­gie­vlak­ke on­der die ska­re stel­sel­ma­tig op tot ’n kli­maks. En in daar­die oom­blik waar el­ke e­le­ment – die koor­tjie van jou guns­te­ling­lied­jie, jou vrien­de se glim­lag­te langs jou, en selfs die son wat sak oor die val­lei – saam­kom, dís waar die Joel S­tran­sky-oom­blik lê. Dis die be­lof­te wat ’n mu­siek­fees in­hou: Ie­wers oor die na­week gaan jy voel soos daai dag in ’95 toe Joel S­tran­sky die bal tus­sen die pa­le deur­ge­jaag het. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.