MADAGASKAR

Die soel noord­oos­te van Madagaskar is ’n on­ge­rep­te plek met vrien­de­li­ke mense, mak(-ke­ri­ge) wild­le­we, blou-blou wa­ter, vars vis en goed­koop rum. Pier­re S­teyn roei van ei­land­jie tot ei­land tot ei­land­jie op soek na ’n een­vou­di­ge le­we.

Weg! - - Inhoud - FO­TO’S RONEL S­TEYN

Soel weer, blou wa­ter, vars vis en rum... Pier­re S­teyn vind die pa­ra­dys op ’n roei­va­kan­sie in Madagaskar

‘D is be­hoor­lik Mid­del­eeus, man! Jy gaan jou oë nie glo nie – dis só mooi,” sê Ant, ’n me­de­pas­sa­sier, en klop my op die skou­er. Hy ram­mel ’n paar lang plek­na­me af, maar dit klink soos ’n ma­sjien­ge­weer wat klin­kers af­vuur. “Ba­ra­ba­ra­ma­ha­ma­ha­may­may”, ge­volg deur ’n sar­sie “Be­ra­be­ra­vi­na­vi­na”, maar wie weet wat ek werk­lik hoor? Dis ’n Son­dag­mid­dag en ons SA Ai­r­link-vlug van Jo­han­nes­burg af het al twin­tig mi­nu­te ge­le­de op die ei­land No­sy Be se lug­ha­we ge­land. Ons kan nog nie af­klim nie, want... wel, dis ’n Son­dag­mid­dag in Madagaskar en ie­mand het die leer waar­mee ons moet af­klim, ver­lê.

“Mo­ra mo­ra,” sê Ant en sy ge­sin lag saam. “S­ta­dig, s­ta­dig,” ver­taal hy. “Wees rus­tig. Go with the flow. Jy sal nog leer.” Sy ge­sin het die jaar te­vo­re die­self­de roei-sa­fa­ri aan­ge­pak wat ek en my vrou, Ronel, nou hier kom doen, en dit só baie ge­niet dat hul­le te­rug is. Dié keer het hul­le ’n seil­boot ge­huur om die ei­lan­de te ver­ken. Ant se en­toe­si­as­me maak my op­nuut op­ge­won­de oor die week wat voor­lê.

La­ter maak ie­mand ’n plan en ons ver­laat die vlieg­tuig een-een deur ver­sig­tig met ’n ba­ga­sie­af­voer­band by die vlieg­tuig uit te klou­ter. Ons groet Ant en sy uit­bun­di­ge ge­sin. Dis tyd vir ons eie a­von­tuur om te be­gin!

DAG 1 Pas­saat­wind van voor

Ons word wak­ker met die son wat op­kom en die ge­kwet­ter van ’n lug­mag vreem­de vo­ëls en in­sek­te bui­te ons ka­mer. Die vo­ri­ge aand het ons oor­ge­slaap in L’heu­re B­leue, ’n k­lein ho­tel wat uit­kyk oor Ma­di­ro­ke­ly­baai aan die sui­de­li­ke kus van No­sy Be. Bert S­pal­ding, ons roei­gids vir die week, het kom naand­sê en ons het die vier an­der roei­ers, ’n eg­paar van Vis­hoek en twee vrien­din­ne van Kom­me­tjie, be­ter leer ken. Bert, ’n Suid-A­fri­ka­ner wat al twaalf jaar in Madagaskar woon, het ons ver­se­ker ons is hier om va­kan­sie te hou en dat ons nie veel gaan swoeg nie.

Ter­wyl ons in ’n groot see­wa­ter­swem­bad met ’n Three Hor­ses-bier in die hand ge­lê en kyk het hoe die son oor die baai sak, het hy ver­tel wat ons te wag­te kan wees: Ons ba­sis vir die vol­gen­de ses dae gaan ’n dau met die naam Sa­la­ma T­sa­ra (“Dag­sê, Prag­tig”) wees. Die dau be­hoort aan Ma­da­gas­car Is­land Sa­fa­ris (MIS) wat die re­ë­lings ge­tref het, en as ons nie lus is vir roei nie, pik die be­man­ning ons op en ons vaar voort van een ei­land na die vol­gen­de. Die

ge­sou­te be­man­ning sorg ook vir ons e­tes en dran­kies. Dis mos nou ’n plan, meen ek.

Ná ont­byt (tro­pie­se vrug­te, sterk Mal­gas­sie­se kof­fie en ’n crois­sant met heu­ning) laai een van MIS se dry­wers ons in ’n mi­ni­bus op en ver­trek ons na Hell-Vil­le, die ei­land­hoof­stad, se ha­we.

’n Be­man­nings­lid van die Sa­la­ma T­sa­ra pik ons en die ba­ga­sie op in ’n roei­boot­jie. Ho­no­re Ma­ha­vi­ta, die skip­per, hurk op die boeg en klou ver­be­te vas aan ’n sak vars­ge­bak­te Fran­se bro­de ter­wyl ons s­ta­dig ge­roei word na die dau wat voor an­ker lê.

Ons maak ons vin­nig tuis on­der ’n ska­du­net op die dek en dis nie lank nie of ons slaan ’n suid­wes­te­li­ke rig­ting in, op pad na die ei­land­jie An­ka­zo­be­ra­vi­na so­wat 30 km van Hell-Vil­le af. Die plan is om daar op ’n ko­raal­rif te snor­kel­duik en dan so­wat 6 km te roei na ons slaap­plek by Rus­si­an­baai op die Am­pa­sin­da­va-skier­ei­land.

S­ta­dig maar se­ker laat ons die ge­roe­se­moes van Hell-Vil­le ag­ter. El­ke nou en dan seil ’n en­ke­le vis­ser­man ver­by in ’n ka­no of dau wat die pas­saat­win­de ge­bruik om han­dels­wa­re kus­langs af te le­wer. Dit lyk nie veel an­ders as wat dit 300 jaar ge­le­de sou ge­lyk het nie. Maar van­dag tel daai ein­ste pas­saat­win­de teen ons. Die Sa­la­ma T­sa­ra is mooi, maar sy’s vrek­sta­dig en van­dag suk­kel sy teen die wind. El­ke keer wan­neer ons Ho­no­re vra hoe lank nog voor ons by die ko­raal­rif aan­kom, is sy ant­woord “one mo­re hour”. ’n Uur la­ter is die ant­woord steeds die­self­de: “one mo­re hour”. En die­self­de nog ’n uur la­ter. Dis tyd om ons heel­te­mal oor te gee aan mo­ra mo­ra.

Dis al laat­mid­dag wan­neer ons voor An­ka­zo­be­ra­vi­na an­ker gooi. Ter­wyl Bert die ka­jak­ke voor­be­rei, snor­kel­duik ons oor die rif. Pa­pe­gaai­vis­se, bont­rok­ke, pie­sang­vis­se en vlin­der­vis­se flits on­der en om ons ver­by in die hel­der wa­ter. “Die don­ker gaan ons in­haal as ons nie nou wik­kel nie,” roep Bert ons weer tot ver­haal. Dis tyd om te roei!

Die see­ka­jak­ke het sit­plek vir twee mense en is sta­biel. Ons vind vin­nig ons rit­me op die oop­see. Bert roei voor en mik suid na die in­gang van Rus­si­an­baai. Dit voel vir my ons is selfs vin­ni­ger as die dau, en wan­neer ek ná ’n uur se roei om­kyk, is daar geen te­ken van die Sa­la­ma T­sa­ra nie. Ho­no­re ver­tel la­ter die be­man­ning het ’n mar­lyn aan een van die vis­ly­ne wat ag­ter die boot aan­sleep, ge­haak en dit het hul­le van koers ge­dwing. Die mar­lyn het eg­ter weg­ge­kom. In­tus­sen mik ons doel­ge­rig na MIS se per­ma­nen­te kamp in Rus­si­an­baai. Regs van ons sak die son oor die wa­ter, maar ’n vuur in die ver­te op die strand voor ons kamp­plek stuur ons in die >

EILANDLEWE (oor­kant­ste blad­sy, kloks­ge­wys van links bo). Die Sa­la­ma T­sa­ra lê met son­op­koms voor an­ker in Rus­si­an­baai. Dié be­skut­te baai het sy naam ge­kry na­dat ’n Rus­sie­se skip in 1905 ge­du­ren­de die oor­log tus­sen Rus­land en Ja­pan hier kom skuil het. Die be­man­ning het die skip (skyn­baar as­pris) ten gron­de laat loop en in die baai ge­wag tot die ein­de van die oor­log; On­be­woon­de ei­land­jies is vol­op aan die kus van Madagaskar. As daar nie drink­wa­ter is nie, is daar nie mense nie; Madagaskar was eens ’n Fran­se ko­lo­nie, en ’n mens kan van­dag nog die in­vloed van Fran­se non­ne wat plaas­li­ke vroue leer naald­werk doen het, sien in die mooi ta­fel­doe­ke wat ’n mens op van die mark­te kan koop; Jy kan op Groot-Iran­ja ’n kron­kel­pad teen die heu­wel op volg om Gus­ta­ve Eif­fel se vuur­to­ring te gaan sien – ’n uit­sig soos dié is die be­lo­ning.

reg­te rig­ting. Ons stort met ’n be­ker­tjie en ’n em­mer put­wa­ter, eet bo­ni­to­vis en ’n bar­ra­ku­da wat nie ont­snap het nie, drink rum wat met va­niel­je ge­geur is en slaap in ’n net­jie­se hut met ’n vyf­ster­uit­sig oor die baai. Ek ver­moed ek is reeds in die pa­ra­dys.

DAG 2 ’n (Ri­vier)mond kry heu­ning

“Daar is geen al­go­rit­me vir vis nie,” sê Ronel. Sy ge­sels met Bar­ry Bir­kett, ’n chi­ro­prak­ti­syn van Vis­hoek. Bar­ry is ’n y­we­ri­ge hen­ge­laar wat sy vis­stok saam­ge­bring het op die roeisa­fa­ri, maar die vis­go­de kog­gel hom heel­og­gend.

Ons is vroeg­og­gend op die dau weg uit Rus­si­an­baai, met ’n skool dol­fy­ne wat die klei­ner vis o­ral om ons op hol jaag. Ons vaar reg­uit suid – nie te ver van die kus af nie – maar diep ge­noeg so­dat Bar­ry or­dent­lik kan lyn nat­maak. Hy wil nog uit­wei oor die on­voor­spel­baar­heid van hen­gel, maar dan gil ’n be­man­nings­lid op­ge­won­de op die ag­ter­ste­we. ’n Groot ko­ning­vis het een van die an­der vis­ly­ne ge­neem en dis ’n ge­spar­tel om hom in te ka­trol. Maar dan is dit as­of die vis eens­klaps die stryd ge­won­ne gee. ’n Swart­kol­stert­haai slaan soos blits toe en byt die ko­ning­vis se stert af. Dit pla die kok, E­li­a­ne Ti­a­na, eg­ter min en ’n uur la­ter smul ons aan die oor­bly­wen­de vis wat sy in die dau se kom­bui­sie vir ons ge­braai het. Dis die lek­ker­ste vis wat ek al in my le­we ge­ëet het.

Kort ná mid­dag­e­te gooi ons an­ker in die mond van die Ba­ra­ma­ha­may (Heu­ning­ri­vier). Op die reg­ter­kant­ste oe­wer is vier hout­hut­te, elk met ’n kleur­ry­ke hang­mat op die stoep. Dis ons slaap­plek vir die aand, maar eers gaan ons vir so­wat 30 mi­nu­te ri­vier­op roei om ’n wor­tel­boom­moe­ras te ver­ken. Ons sloep-sloep s­ta­dig deur die moe­ras met al sy ver­tak­kin­ge. Bert sorg dat ons nie ver­dwaal nie.

Op die ri­vier is ’n lek­ker brie­sie, maar hier tus­sen die wor­tel­bo­me is dit broei­end warm. Hon­der­de blou krap­pe spar­tel op die oe­wers deur die mod­der en ’n ryp reuk hang in die lug. Die stil­te word ver­breek deur ’n groot witrei­er wat met ’n ge­klap van sy vler­ke voor ons ka­jak­ke op­styg. In my ver­beel­ding sien ek ’n Ty­ran­no­sau­rus Rex wat deur die wor­tel­bo­me op ons af­storm. Die land­skap hier voel oud, oer-oud.

DAG 3 EN 4 Wa­ter­skil­paaie vir Afrika

Ek het van­og­gend in my hang­mat ge­lê en kyk hoe die son die groen Mal­gas­sie­se ber­ge op die ho­ri­son ver­lig. Aan die oor­kant­ste wal van die breë Heu­ning­ri­vier het ’n haan ge­kraai, hon­de ge­blaf en ’n vis­sers­dor­pie s­ta­dig wak­ker ge­word. Een vir een het die mans hul­le ka­no’s die wa­ter in­ge­stoot en die see in­ge­seil om kos vir hul­le ge­sin­ne te gaan vang. Van­dag vaar ons na Iran­ja, ’n pos­kaart­mooi tro­pie­se ei­land­jie, ge­noem na die dui­sen­de wa­ter­skil­paaie wat in sy wa­ters hou. Wan­neer ie­mand vir jou ’n reis­bro­sju­re wys met ’n tro­pie­se ei­land (tur­koois wa­ter, wit strand, groen palm­bo­me) in die hoop dat hul­le jou van jou geld kan skei, is dit waar­skyn­lik Iran­ja op sy voor­blad.

Dis eint­lik twee ei­lan­de, K­lein-Iran­ja en Groot-Iran­ja, wat met ’n reep sand aan me­kaar ver­bind word. Teen hoog­wa­ter klots die bran­ders weers­kan­te van die sand­bank teen me­kaar, maar met laag­wa­ter kan jy ge­mak­lik van die een ei­land na die an­der stap. Ons gaan die vol­gen­de twee aan­de hier slaap, in ge­mak­li­ke A-raam­gras­hut­te op ’n strand aan die bui­te­wy­ke van die dor­pie op Groot-Iran­ja. Die feit dat daar ’n or­dent­li­ke stort ag­ter ons hut­te is, laat dit voel as­of ons in ’n vyf­ster­oord bly. Daar­by kan ’n mens jou bier- en rum­voor­raad by ’n plaas­li­ke kroe­gie aan­vul.

Iran­ja is ver­al ge­wild on­der I­ta­li­aan­se en Fran­se dag­be­soe­kers wat met ’n vin­ni­ge mo­tor­boot­taxi van No­sy Be af kom om te snor­kel­duik en son­baai. Teen vroeg­mid­dag keer hul­le da­rem te­rug en is ons en die in­wo­ners al­leen. Ons swem oor ko­raal­riw­we tus­sen see­skil­paaie wat el­ke dan en wan kop bo die

wa­ter uit­steek om te kyk wat aan­gaan, vang ’n mid­dag­sla­pie en word teen ske­mer wak­ker wan­neer vrug­te­vler­mui­se oor ons kop­pe sweef om kos te soek.

Die vol­gen­de dag be­sluit ons om reg rond­om die mooie Iran­ja te roei so­dat ons van die see se kant af die ei­land se vuur­to­ring kan sien. Die to­ring is deur Gus­ta­ve Eif­fel ont­werp en meer as ’n eeu ge­le­de na die ei­land ver­skeep. Dit sit hoog teen ’n krans, maar ek ver­kyk my eer­der aan twee wit­pyl­ster­te wat gra­si­eus in die lug bo ons rond­swiep. Ek gaan Iran­ja mis.

DAG 5 Kom groet die le­murs

Ons is dou­voor­dag op die dau op pad na Ants­hoa, ’n ei­land­jie na­by Rus­si­an­baai waar net le­murs woon. Ons volg ’n gids en klim met ’n smal kron­kel­paad­jie deur ’n tro­pie­se woud. Hy’t skaars “ma­ki, ma­ki, ma­ki” (die plaas­li­ke woord vir le­mur) ge­roep of ons word oor­val deur dié die­re. Eers net swart­le­murs, maar vin­nig kom daar gro­ter wit-en-bruin le­murs ook by. Hul­le oë is stip op die k­lein pie­sangs wat ons saam­dra. Hul­le hop van tak tot op ’n mens se kop op skou­er en met sag­te hand­jies neem hul­le die pie­sang uit jou­ne en prop dit in hul­le mond. Wan­neer hul­le dik­ge­vreet is, ver­dwyn hul­le weer met groot spron­ge die bo­me in. Soos die mees­te van die plant- en dier­spe­sies wat ’n mens hier raak­loop, is die le­murs (daar is meer as 50 spe­sies van hul­le) eie aan Madagaskar.

Na­dat die le­murs (en ons) mid­dag­e­te ge­niet het, haal ons die ka­jak­ke van die dau af en laat hul­le te wa­ter. Ons wil te­rug­roei na die kamp by Rus­si­an­baai, maar eers gaan ons by ’n Oos­ten­ry­ker kui­er. Rus­si­an­baai is be­skut, en aan­ge­sien seil­jag­te ge­reeld bin­ne die baai kom an­ker gooi, het ’n Oos­ten­ry­ker net be­kend as “And­re­as”, be­sluit om ’n kroe­gie en re­stau­rant­jie oop te maak. And­re­as is le­nig en bruin­ge­brand met ’n grys baard, pot­blou oë en ’n ver­band om die een been. Hy’s nie van­dag lus vir ge­sel­sies nie. Hy waar­sku ons dat sy bier warm is (hier is geen e­lek­tri­si­teit nie – nie eens ’n krag­op­wek­ker nie), maar die uit­sig oor die baai uit sy kroe­gie is on­ver­be­ter­lik. Wan­neer hy ons skaars 10 000 a­ri­a­ri (dis nie eens R50 nie)

KAPTEIN (oor­kant­ste blad). Vis­sers­dor­pies op die ei­lan­de en tal­le op die kus van Madagaskar kan net per boot be­reik word. ’n Seil­ge­dre­we dau is steeds die be­trou­baar­ste ver­voer­mid­del in dié ge­wes­te om mense en han­dels­wa­re by hul­le be­stem­ming te kry; Die uit­sig oor Ma­di­ro­ke­ly­baai op No­sy Be (bo), waar die in­wo­ners el­ke Son­dag­aand ’n groot strand­par­ty­tjie hou. Ont­hou jou oor­plui­sies as jy soos ons op ’n Son­dag op jou eer­ste aand op No­sy Be oor­slaap... so nie, moet jy saam kui­er!

LÊ LAAG (on­der). Daar’s baie tyd vir leeg­lê op ’n ei­land­va­kan­sie – ont­hou om ’n goeie boek saam te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.