Min tyd? Maak slim kos

Weg! - - Inhoud -

Hier’s ’n paar maklike re­sep­te wat, so­dra die voor­be­rei­ding ge­doen is, elk twee ver­skil­len­de dis­se le­wer. Ja, dit be­te­ken jy het meer tyd vir kui­er... som­mer weeks­aan­de ook! RE­SEP­TE EN STILERING A­LET­TA LINT­VELT FO­TO­GRAAF MYBURGH DU PLESSIS KOSASSISTENT E­LI­ZA­BETH INGRAM Bros s­ri­ra­cha­hoen­der­re­pies Vir Voor­be­rei­tyd 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te ’n Be­vro­re por­sie van dié hoen­der­hap­pies word mak­lik saam met ma­yon­nai­se op ’n rol­le­tjie ’n maal­tyd... én die vol­gen­de dag ’n lek­ker pad­kos­hap­pie.

Jy be­no­dig

• 1 kg hoen­der­bor­sies, ont­been en

son­der vel • 1 tee­le­pel ge­maal­de swart­pe­per • 1 tee­le­pel sout • ¼ tee­le­pel knof­fel­poei­er • ¼ tee­le­pel rooi­pe­per • ½ tee­le­pel droë I­ta­li­aan­se kruie • ½ tee­le­pel ge­rook­te pa­pri­ka • ¼ kop­pie meel • 1 ei­er • 2 eet­le­pels melk • 1 tee­le­pel s­ri­ra­cha­sous (of ’n

an­der ris­sie­sous van jou keu­se) • ½ kop­pie graan­vlok­kies

( corn fla­kes), fyn­ge­druk • ½ kop­pie brood­krum­mels

Só maak jy

1 Sny die hoen­der­bor­sies in lang re­pe van 2 cm breed en pak dit in ’n en­kel­laag op ’n hout­bord uit. Meng al die spe­se­rye deur die meel en sprin­kel die helf­te bo-oor die hoen­der. Draai die re­pies om en be­sprin­kel ook die an­der kant.

2 Meng die ei­er, melk en s­ri­ra­cha­sous saam in ’n vlak bak. Meng die graan­vlok­kies en brood­krum­mels in ’n a­par­te bak. Doop nou el­ke re­pie eers in die ei­er­meng­sel en rol dit daar­na in die krum­mels.

3 Pak die re­pies op ’n bord en plaas in die ys­kas vir 20 mi­nu­te. Braai dit dan tot goud­bruin in ’n pan. Dit sal vir tot twee dae in die ys­kas hou, óf vries dit. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.