MENSE SE LENSE

Weg! - - Inhoud -

’n Ko­ker­boom teen die ster­re­he­mel, ’n witrei­er op ’n se­bra se rug en ’n lui­perd met X-straal-vi­sie... pryk jou fo­to dié maand op ons blaaie?

Ni­kon D750 Ni­kon 18-35 mm-lens

AN­NA-MART VER­TEL: Ek het hier­die fo­to in die Ko­ker­boom­woud na­by Keet­mans­hoop ge­neem. Ek het my slui­ter vir 30 se­kon­des oop­ge­hou, teen ISO 3 200.

Die boom was my fo­kus­punt – ek ge­bruik eers ou­tofo­kus tot­dat ek weet die voor­werp is in fo­kus. Daar­na ska­kel ek oor na hand­fo­kus so­dat die fo­kus nie per on­ge­luk skuif nie. Na­tuur­lik ge­bruik ek ’n drie­poot vir sta­bi­li­teit, en die ka­me­ra se self-ti­mer- funk­sie so­dat ek nie die slui­ter­knop­pie met my vin­ger hoef te druk nie (dít laat die ka­me­ra ef­fens be­weeg, wat skerp­heid be­ïn­vloed). Ek ge­bruik ook my ka­me­ra se mir­ror lock-up- en long ex­po­su­re noi­se re­ducti­on- funk­sie, wat help wan­neer jy nag­fo­to’s neem.

So­dra ek die fo­to be­gin neem – met die 30 se­kon­de lan­ge slui­ter­spoed – be­lig ’n vriend met ’n sterk flits die boom. TO­AST SÊ: Tus­sen die ko­ker­bo­me, die don­ker nag­te en die hel­der Melk­weg is Na­mi­bië ’n nag­fo­to­graaf se droom. Maar jy moet ook weet wat jy doen so­dat jy nie net in die don­ker rond­tas nie!

Als be­gin by sta­bi­li­teit, want met só ’n lang slui­ter­spoed is ka­me­ras­kud jou groot­ste vy­and (moet dus nie vooraf te veel gla­sies port drink nie...).

Sta­bi­li­teit gaan ook oor veel meer as net die ge­bruik van ’n drie­poot – volg An­na-Mart se raad.

Die be­lang­rik­ste hier­van is om die ka­me­ra se self-ti­mer- funk­sie te ge­bruik, of ’n af­stand­be­heer­knop­pie (wat jy vir die mees­te lang­lens­ka­me­ras kan by­koop).

Ek hou van die “ske­we” kom­po­si­sie, met die boom wat skyn­baar skuins by die hoek van die fo­to uit­spruit. Die twee­de, klei­ner boom in die ag­ter­grond ver­leen ook diep­te aan die fo­to. Die ek­stra be­lig­ting met die flits is nie oor­doen nie – ont­hou: hou ma­tig­heid voor oë! – en lyk heel na­tuur­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.