RUBRIEK

Om vir jou skool­va­kan­sie al­leen met die trein na jou oom en tan­nie se plaas te ry was ’n er­va­ring – en leer­skool – soos min.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE DE­ON S­TRY­DOM SKETS FRED MOUTON

Vir De­on S­try­dom het el­ke skool­va­kan­sie ’n trein­rit van Port E­li­za­beth na fa­mi­lie op Wil­low­mo­re be­te­ken. Hy dink te­rug aan dié dae

S­kool­gaan in Port E­li­za­beth was vir my baie lek­ker, maar va­kan­sies was vir my nóg lek­ker­der. Wan­neer die skool sluit, het my ou­ers my op die nag­trein na Wil­low­mo­re ge­sit. By die sta­sie het my pa my met my tas ge­help, en my ma het met die kon­duk­teur ge­re­ël dat hy my be­tyds wak­ker maak. Sy het hom ook op­drag ge­gee om ’n o­gie oor my te hou. My ma het ses sus­ters ge­had. Een van hul­le – Bet­ta – was kin­der­loos. Toe ek drie jaar oud was, het ek vir die eer­ste keer al­leen by haar en haar man op die plaas Kru­gers­poort bui­te Wil­low­mo­re ag­ter­ge­bly na­dat my ma-hul­le vir die na­week daar ge­kui­er het. Daar­na was die koe­ël deur die kerk: Ek is met el­ke moont­li­ke ge­leent­heid na hul­le toe. Se­dert 1963, toe ek in sub A was, kon ek al­leen met die trein Wil­low­mo­re toe ry. Kan ’n mens jou dit van­dag voor­stel dat jy ’n ses­ja­ri­ge vir ’n he­le nag al­leen op ’n trein los! Ge­woon­lik het die stoom­trein om agt­uur die aand uit die Baai ver­trek.

Dan hang ek by die ven­ster uit en waai vir my ou­ers; dit was nie ’n pro­bleem nie, want jy het ag­ter­toe ge­kyk en die roet kon nie in jou oë waai nie. Die moei­lik­heid het die an­der­dag­mô­re ge­kom wan­neer ek by die ven­ster uit­hang om te kyk of my oom en tan­nie al op die per­ron staan en wag. Dit is hoe­kom my ma al­tyd pro­beer het om my plek in ’n wa so ver as moont­lik van die lo­ko­mo­tief af te be­spreek.

Ui­ten­ha­ge was die eer­ste stop ná Port E­li­za­beth. Daar het ge­woon­lik weer mense op­ge­klim. Dan het die por­tier (of

bed­jog­gie, soos hy la­ter ge­noem is toe A­fri­kaans in sy bloei­tyd­perk was) ge­kom en jou bed op­ge­maak.

Deur die ja­re het ek in­te­res­san­te reis­ge­no­te ge­had. Ek ont­hou nou ver­al een keer toe ’n oom en sy seun­tjie saam met my in die kom­par­te­ment was. Ek was se­ker in stan­derd ses en die seun­tjie so­wat vyf jaar oud.

Langs ons was ’n tan­nie al­leen in ’n koe­pee. Gou het die oom en tan­nie aan die ge­sels ge­raak, en dit was nie lank nie of die oom kom ver­tel dat die tan­nie baie bang is en dat hy ’n bie­tjie by haar gaan sit...

Ek moes ’n o­gie oor die seun­tjie hou. Toe ek die vol­gen­de og­gend ses­uur op Wil­low­mo­re wou af­klim, moes ek die oom langs­aan gaan roep. Die tan­nie moet se­ker baie bang ge­wees het.

Na­dat die trein uit Ui­ten­ha­ge ver­trek het, het ek ge­woon­lik aan die slaap ge­raak en eers weer so twee­uur se kant op K­lip­plaat wak­ker ge­word as die trein moes stop en ge­ran­geer is. Dit was on­ple­sie­rig, want dit was ’n ge­raas en op­ont­houd – al was my reis dan al ver­by half­pad.

My oom en tan­nie se plaas was on­ge­veer 14 myl van Wil­low­mo­re af. Maar 7 myl voor Wil­low­mo­re was ’n si­ding met ’n naam­bord: Aan die een kant het “O­ven” ge­staan en aan die an­der “Ba­koond”.

As my oom en tan­nie vroe­ër die week reeds op die dorp was, het hul­le nie weer Wil­low­mo­re toe ge­ry nie, maar my by O­ven/Ba­koond kom op­tel. Dan het hul­le ’n vuur by die naam­bord ge­maak so­dat die dry­wer weet hy moes daar stop om ie­mand af te laai.

Dit moes eg­ter vin­nig gaan. Die kon­duk­teur het net ge­roep “S­try­dom!” – en dan moes ek af­spring, want daar was nie ’n per­ron nie. Hy het my tas aan­ge­gee en dan is die trein vort Wil­low­mo­re toe.

Met die af­spring by Ba­koond kon ek gou­er op die plaas wees, en dit was vir my lek­ker om te weet die trein het spe­si­aal net vir my ge­stop. Maar om op Wil­low­mo­re af te klim was weer ’n an­der­ste lek­ker.

Wan­neer die trein Wil­low­mo­re-sta­sie in­stoom, staan oom Da­nie en Bet­ta my en in­wag (ons het my tan­nie nooit “tan­nie” ge­noem nie, maar al­tyd op haar voor­naam – se­ker om­dat sy so jonk van gees was en nie kin­ders ge­had het nie).

In my ge­heue was dit al­tyd koud op Wil­low­mo­re. Bet­ta sou ’n jas dra, met wol­hand­skoe­ne en haar hand­sak oor die arm. Oom Da­nie sou sy bes­te baad­jie dorp toe dra. Eers het ons in die mo­tor on­der die pe­per­bo­me bui­te die sta­sie gaan sit en ont­byt eet. Ons moes tyd op­maak tot die win­kels oop­maak of die dorps­fa­mi­lie op­staan so­dat ons hul­le kon gaan groet en iets af­gee.

As plaas­men­se vir die dag dorp toe gaan, was daar dik­wels eers iets wat by ie­mand af­ge­gee moes word – ge­woon­lik ’n eet­ding van die plaas af.

Agt­uur het ons by die Jood Ju­li­us Mu­si­kanth se Al­ge­me­ne Han­de­laar in­ge­stap. Jy kon nie jou­self be­dien soos in die Baai se OK nie. Daar was toon­ban­ke reg rond­om die win­kel en in die mid­del ’n o­vaal­vor­mi­ge ei­land-toon­bank met ’n deur­tjie. Die min­der al­ge­me­ne pro­duk­te was by daar­die toon­bank – meest­al het Mis­ter Mu­si­kanth dit fan­cy goods ge­noem – dis waar Bet­ta al­tyd trou- of ver­jaar­dag­ge­sken­ke uit­ge­kies het.

As Bet­ta fan­cy goods wou hê, het Mis­ter Mu­si­kanth by die deur­tjie in­ge­gaan, dit toe­ge­maak en haar oor die toon­bank be­dien.

Ter­wyl sy die week se ei­ers aan hom “ver­koop” – die waar­de is eint­lik maar net van haar aan­ko­pe af­ge­trek – was my oom op die stoep waar die vel­le wat hy in­ge­bring het, ge­weeg is en die be­drag ook van die aan­ko­pe af­ge­trek is. Dan het hy plaas­goed ge­koop: pa­raf­fien, ’n skaap­skêr, ’n stuk sif­draad.

Hier­na is ons soms na die Han­dels­huis, die Ko­ö­pe­ra­sie, of S­choltz se ap­teek. Soms is ons na die Ka­roon­uus, die dis­triks­koe­rant­jie, waar Bet­ta dalk ’n be­rig sou plaas – oor ie­mand op be­soek of ’n an­der se goue brui­lof. La­ter ja­re het Bet­ta graag die tuis­ny­wer­heid – wat toe ’n nuut­jie was – be­soek om on­ge­wo­ne ge­bak te koop wat sy nie self kon of wou maak nie. Tus­sen­deur is oor en weer ge­groet en ge­sels. Dit het vir my ge­voel as­of al­mal me­kaar ken en vrien­de is – baie an­ders as by ons in die Baai. En En­gels hoef jy nooit te ge­praat het nie.

Wan­neer die win­kels een­uur sluit syn­de dit Sa­ter­dag was – het oom Da­nie die 1957-twee­deur-O­pel­tjie se neus Kru­gers­poort toe ge­stuur om die 14 myl kaf te draf. Dan was daar se­we hek­ke wat ek moes oop­maak voor­dat ons die plaas­werf kon bin­ne­ry.

Ek het die hek­ke soos fa­mi­lie ge­ken: elk­een se skeet en slag om hom oop te kry. Die kon­ser­ti­na­hek was die moei­lik­ste. In my ho­ër­skool­ja­re is hy uit­ein­de­lik met ’n oop­swaai­hek ver­vang. Ek het toe ge­voel dat dit my le­we baie mak­li­ker maak. As die O­pel­tjie die werf op Kru­gers­poort in­ry, het Voe­te, die skaap­hond, kar toe ge­draf en dan het ek ge­weet: Nóú is ek met va­kan­sie.

Ná ma­triek het ek nie meer trein ge­ry nie, maar ek is el­ke u­ni­ver­si­teits­va­kan­sie met my 1972 Ke­wer Kru­gers­poort toe. As ek aan die ein­de van die va­kan­sie daar weg is, het die Ke­wer ge­kreun on­der die vrag koe­kies, be­skuit, tuis­ge­bak­te brood, bil­tong, vleis, kon­fyt, groen­te en vrug­te – om te deel tus­sen my en Bet­ta se sus­ters en e­nig­ste broer wat in die Baai ge­bly het.

Ná een va­kan­sie het ’n ver­keers­kon­sta­bel my an­der­kant Wol­we­fon­tein ge­stop, by die Ke­wer in­ge­loer en vir die an­der kon­sta­bel ge­sê: “Nee, dis ou­kei. Net ’n stu­dent wat gaan kos haal het vir die nuwe kwar­taal...” Hul­le was se­ker op die uit­kyk vir wild­die­we, want in daar­die ge­wes­te was on­wet­tig jag in die pad­re­ser­we by­na ’n na­si­o­na­le sport.

Van­dag loop daar nie meer ’n pas­sa­siers­trein Wil­low­mo­re toe nie. Dis ’n er­va­ring wat dees­dae se jong mense nie meer be­sko­re is nie – dis ook ’n gra­tis leer­skool wat vir al­tyd ver­lo­re is. Ek won­der soms wat van die seun­tjie met die “dap­per” pap­pa ge­word het; of van Ray­mond van die U­gie-kin­der­huis wat meer as een keer op die­self­de trein as ek was op pad na sy va­kan­sie-ou­ers, of van die seun van die be­jaar­de ou we­we­naar-oom wat vir hom gaan kui­er het in die A­lex­an­dra-hos­pi­taal in Kaap­stad.

Sou die le­we vir hul­le al­mal ook so ge­luk­kig ver­loop het soos vir my?

‘As plaas­men­se vir die dag dorp toe gaan, was daar dik­wels eers iets wat by ie­mand af­ge­gee moes word – ge­woon­lik ’n eet­ding

van die plaas af.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.