DORP VAN DIE MAAND

Wan­neer jy weer op pad is kus of Kaap toe en jou reis vat jou ver­by Gra­ham­stad, b­ring ’n nag of twee hier deur so­dat jy die dor­pie se plek in die ge­skie­de­nis kan waar­deer. Én vir ’n blik op sy kre­a­tie­we toe­koms.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE EN FO­TO’S TIMOTHY GABB

Gra­ham­stad is meer as ’n stu­den­te­dorp – be­leef die ry­ke ge­skie­de­nis van dié Oos-Kaap­se dorp

Dis laat­mid­dag in die Ma­ka­na-dis­trik. Die hit­te van die dag het sag­te cu­mu­lus­klos­sies na die hel­der­blou lug ge­bring. As jy die Oos-Kaap bin­ne­ry, word die reu­ke soe­ter en die bos dig­ter – en die Al­ba­ny-struik­ge­was­se en hoë wild­hei­nings her­in­ner jy is nou in grens­wê­reld. Gra­ham­stad is op die N2, so­wat 130 km noord van Port E­li­za­beth. Dis 37 ºC as ek aan­kom en die woes­te hit­te b­ring die stra­te tot stil­stand. Die paaie in die dorp lyk dalk saai en on­ver­sorg, maar kul­tuur, ge­skie­de­nis, po­li­tiek en kuns is steeds ryk hier.

Gra­ham­stad lê my na aan die hart. Ek het vier jaar aan die R­ho­des-u­ni­ver­si­teit ge­stu­deer en keer te­rug na ’n dorp wat baie an­ders lyk as die een wat ek ge­ken het. Die ver­skil­len­de ge­sig­te van die pro­vin­sie is dui­de­lik: Bees­te wei op die sy­paad­jies ter­wyl BMW’s don­kie­kar­re ver­by­steek en ko­lo­ni­a­le ar­gi­tek­tuur skou­ers skuur met lan­de­li­ke ar­moe­de.

Lui­te­nant-ko­lo­nel John Gra­ham het Gra­ham­stad in 1812 as ’n gar­ni­soen­stad ge­stig. Van hier af moes die oos­te­li­ke grens be­skerm word teen die X­ho­sas, wie se grond die B­rit­se Ryk bin­ne­ge­val het.

In ’n soe­ke om meer uit te vind oor wat so lank ge­le­de hier ge­beur het, het ek net die reg­te man op­ge­spoor om my op ’n sto­rie­ver­tel­reis te neem. . .

Die vol­gen­de mid­dag stap ek op na Fort Sel­wyn, ’n ka­non­fort wat in 1836 op Gun­fi­re Hill net ag­ter die u­ni­ver­si­teits­kam­pus ge­bou is.

Ek kyk in ’n noord­wes­te­li­ke rig­ting oor die kom van Gra­ham­stad en op teen die heu­wel na Ma­ka­na­kop, waar die groot towns­hip uit­ge­sprei lê. Die N2 is ag­ter my. Die voor­ma­li­ge grens hier voor my. Ek wag vir Ba­sil Mills, ’n plaas­li­ke ge­skied­kun­di­ge, die­re­red­der en sto­rie­ver­tel­ler.

Hy hou stil in ’n Toyo­ta Hi­lux uit die 1980’s. Sy seun het ru­we ka­moe­fleer­pa­tro­ne op die bak­kie ge­verf, en ’n buf­fel­ske­del is op die kap ge­mon­teer. Ba­sil s­pring uit in ’n bre­ë­rand­hoed (met ’n bos wit ha­re wat uit­steek), ’n bei­ge baad­jie met ’n paar la­pel­wa­pen­tjies en ’n wit bok­baard­jie.

Ba­sil wou hier ontmoet om­dat die land­skap van hier af soos ’n groot kaart uit­strek. Dis mak­lik om die ont­wik­ke­ling van die dorp uit te wys en te ver­dui­de­lik wat in die so­ge­naam­de Slag van Gra­ham­stad ge­beur het.

Op 22 A­pril 1819 het ’n weer­mag van so­wat 10 000 X­ho­sa-kry­gers die Gra­ham­stad­kom van die noor­de af ge­na­der. Die B­rit­te was ín die kom: ’n ska­me­le 300 man­skap­pe wat die aan­tog in­ge­wag het. Maar ko­lo­ni­a­le eks­pe­di­sies in In­dië en el­ders het hier­die sol­da­te ge­leer hoe om so ’n aan­val te han­teer en die troe­pe het on­der lei­ding van ’n er­va­re ko­lo­nel met die naam T­ho­mas Wills­hi­re ge­staan.

Die pro­feet Ma­ka­na het die X­ho­sa-weer­mag ge­lei. As ge­volg van hul­le getalle was Ma­ka­na se­ker van ’n oor­win­ning, maar sy gees­te­li­ke oor­tui­ging kon nie staan­de bly teen die krag van bus­kruit nie. Die B­rit­te het die X­ho­sas ver­slaan en die veld­slag was baie vin­nig ver­by – groot­liks dank­sy ’n vrou met die naam E­li­za­beth Salt. Vol­gens oor­le­we­ring het sy bus­kruit as ’n ba­ba ver­mom en dit só deur die X­ho­sa-li­nies tot by die B­rit­se troe­pe in die bar­rak­ke ge­dra. Die X­ho­sas het haar deur­ge­laat – tot hul­le eie na­deel.

“Die ge­skie­de­nis hier be­trek by­na el­ke groep in SuidA­fri­ka,” sê Ba­sil. “X­ho­sa, Zoe­loe, K­hoi, Boer en B­rit.”

Ma­ka­na het uit­ein­de­lik oor­ge­gee en is na Rob­ben­ei­land ge­stuur, van waar hy la­ter daar­die jaar pro­beer ont­snap het. In dié po­ging het hy ver­drink en die X­ho­sas het hul­le grond ver­loor. >

Die groot trein­ramp

Ba­sil vat my na die to­neel van ’n nog ’n ge­skied­kun­di­ge ge­beur­te­nis in die Gra­ham­stad­ver­haal. Ons ry dorp-uit op pad na Port Alf­red. Ná so­wat 20 km draai ons met ’n grond­pad by land­bou­grond in en hou stil. Ba­sil lei my al langs die ou spoor­lyn wat Gra­ham­stad met die kus ver­bind. Dis 26 jaar laas ge­bruik. Ons loop tot op ’n wan­ke­len­de staal­brug, so­wat 60 m bo die Blou­krans­ri­vier. Ba­sil wys in die kloof af. “Daar on­der,” sê hy. “Dis waar die trein 100 jaar ge­le­de teen die kran­se ge­bots het.”

Die bot­sing het 29 le­wens ge­ëis en 22 mense is be­seer. Een mei­sie, Ha­zel S­mith, het oor­leef. Sy het op een van die dwars­bal­ke on­der die brug be­land toe die trein­wa­ens na on­der ge­stort het. Sy het met een hand daar­aan vas­ge­klou en haar broer met die an­der aan sy kruis­ban­de vas­ge­hou. Sy het die oom­blik só be­skryf: “Hy was pa­nie­ke­rig... Ek’s nie se­ker wat vol­gen­de ge­beur het nie: Óf sy kruis­ban­de het ge­breek óf ek het moeg ge­word, maar ná ’n ruk­kie het hy weg­ge­sweef na die rot­se on­der ons.”

Voor­dat die spoor­lyn ge­bou is, was die oor­steek van die ri­vier moei­lik. Vol­gens die X­ho­sa­tra­di­sie bly die a­ban­tu bom­lam­bo – “die mense van die ri­vier” – in die poe­le. Hier­die we­sens het glo mag oor mense en dis dus wys om toe­stem­ming te vra voor­dat jy die ri­vier oor­steek. Die X­ho­sas het ge­glo die bou van die brug het hier­die hei­lig­heid ver­ont­ag­saam en dit word be­skou as een van die re­des vir die trein­ramp.

Die ramp het op 22 A­pril 1911 ge­beur, pre­sies 92 jaar ná die Slag van Gra­ham­stad. . . toe­val, of nie?

Kuns­dorp

As mense van­dag aan Gra­ham­stad dink, dink hul­le waar­skyn­lik aan twee goed: die R­ho­des­u­ni­ver­si­teit en die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees. El­ke jaar in die win­ter­maan­de word die dorp om­skep in ’n kre­a­tie­we huts­pot, met fees­gan­gers wat hier­heen stroom vir uit­een­lo­pen­de aan­bie­din­ge van te­a­ter, kuns, ko­me­die, o­pe­ra, film en o­pen­ba­re op­tre­des. As jy van plan is om net een keer in Gra­ham­stad te kom draai – en ska­res jou nie pla nie – kom in die fees­tyd.

Maar jy be­hoort an­der tye van die jaar steeds ’n kul­tuur­ple­sier in een of an­der vorm raak te loop. Die stu­den­te en do­sen­te by die u­ni­ver­si­teit is pas­sie­vol en hier is ge­du­rig pro­duk­sies deur die dra­ma­de­par­te­ment of po­ë­sie­voor­le­sings in die bi­bli­o­teek­win­kels. Mu­siek­groe­pe speel week­liks by van die stu­den­te­kol­le op die dorp. Die ta­lent is rou en eg – jy kyk dalk na ’n op­tre­de van ’n toe­koms­ti­ge ster.

Dan is hier die ker­ke. In Gra­ham­stad se bloei­tyd in die 19de eeu, is ker­ke vir ’n groot klomp Chris­ten-de­no­mi­na­sies ge­bou – van daar die dorp se by­naam, “Ci­ty of Saints”.

Die weer is drei­gend en ek loop on­der don­ker wol­ke ver­by kerk op kerk. Ek ont­hou ou stu­den­te-uit­hang­plek­ke en vrien­de met wie ek kon­tak ver­loor het. Ek dink aan Ma­ka­na en E­li­za­beth Salt en Ha­zel S­mith... en dis am­per as­of ek die dorp se sto­ries soos spo­ke in die flik­ke­ren­de lig kan sien be­weeg.

Die Stad van Hei­li­ges be­hoort eint­lik die Stad van Se­di­ment ge­noem te word: On­der el­ke op­per­vlak lê laag op laag ge­skie­de­nis wat saam­ge­bind word deur ge­slag­te se grens­ver­ha­le.

KOERANTHUIS. Die Gro­cott’s Mail is die oud­ste on­af­hank­li­ke koe­rant in Suid-Afrika – dis van­jaar 146 jaar oud en word in die Gro­cott’s Mail-ge­bou ge­huis­ves. BESKERMENGEL. Dié stand­beeld van ’n en­gel ge­denk die ein­de van die Ang­lo-Boe­re­oor­log (18991902). Dis op die hoek van Hig­hen Bat­hur­st­straat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.