FOTOPORTEFEULJE

Weg! - - Inhoud - SAAM­GE­STEL DEUR SHELLEY CHRISTIANS

Die Drakensberg speel (su­per!)mo­del voor Mark Dum­ble­ton se ka­me­ra­lens

Al­le ber­ge is in­druk­wek­kend, maar die Drakensberg is dra­ma­ties. Dis die hoog­ste (van die pie­ke is ho­ër as 3 000 m) en die lang­ste (die reeks strek meer as 1 000 km van Limpopo tot in die Oos-Kaap) in die land. Die K­waZu­lu-Na­tal­se deel van die berg­reeks is waar ’n mens die Drakensberg se be­kend­ste ba­kens en die bes­te stap­roe­tes kry. Die Jo­han­nes­burg­se land­skap- en na­tuur­le­we-fo­to­graaf Mark Dum­ble­ton gaan draai ge­reeld hier – el­ke sei­soen het u­nie­ke ei­en­skap­pe wat hom aan­trek. Hy hou die mees­te van die noor­de­li­ke de­le van die KZN-pla­to­rand, ver­al die Am­fi­te­a­ter en die Mn­we­ni­ge­bied. “Ek hou van die a­von­tuur daar­van om dae lank te stap met al­les wat jy no­dig het op jou rug,” sê hy. “Maar ek ge­niet ver­al die berg self: die stroom­pies, wa­ter­val­le, ba­salt­to­rings, steil kran­se en die ge­voel van ’n wa­re wil­der­nis.”

Hier­die is Mark se der­de por­te­feul­je in Weg – die fo­to’s laat jou by­na hoor hoe die sneeu on­der jou voe­te knars, jy ruik as ’t wa­re die re­ën, en hoor hoe die stroom­pies fluis­ter. Ge­niet dit! Mark bied a­von­tuur­fo­to­gra­fie-werk­ses­sies aan vir k­lein groe­pe in die Drakensberg. Gaan na mark­dum­ble­ton.com vir meer in­lig­ting en om nog van sy fo­to’s te sien.

Mark Dum­ble­ton

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.