TOERUSTING

Vir stap­pers, fiets­ry­ers en a­von­tuur­mo­tor­fiets­ry­ers is ge­wig en pak­plek deur­slag­ge­wend. Voor­heen moes jy luuks­he­de los om­dat daar nie ge­noeg plek is nie, maar met van­dag se kom­pak­te toerusting kan jy in styl kamp son­der om pak­don­kie te speel.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE CY­RIL KLOP­PER FO­TO’S JAMES GARAGHTY

Pak slim en reis lig (én luuks!) – ons wys jou hoe

1 Gid­git­z­wa­ter­dig­te kap­su­le

Haak hier­die kap­su­le aan jou mo­tor­fiets se sleu­tel waar pa­ra­me­di­ci dit kan raak­sien. Dis groot ge­noeg vir chro­nie­se me­di­sy­ne en an­ti­his­ta­mien­ta­blet­te vir wan­neer ’n per­de­by jou on­ver­wags in die nek by­kom. Prys R30 by ram­moun­tain.co.za en bui­te­le­we­win­kels

2 360°-op­vou­be­ker

Dié kop­pie weeg aan­sien­lik min­der as ’n blik­be­ker (110 g) en is klei­ner as ’n paar op­ge­rol­de sok­kies wan­neer hy op­ge­vou is. Prys R50 by S­ports­mans Wa­re­hou­se; sport­mans­wa­re­hou­se. co.za

3 Gid­gitz-fluit­jie

’n Mens lees ge­reeld van stap­pers wat in die ber­ge ver­dwaal. Selfs met ’n kaart ge­beur dit mak­li­ker as wat jy dink – en dit ge­beur dalk een­dag met jou ook. Haak hier­die fluit­jie aan jou rug­sak en blaas hom as­of jy ’n Fran­se skeids­reg­ter is wat nie van die Bok­ke hou nie. Jou vrien­de sal jou som­mer in ’n jap­trap vind. Prys R25 by ram­moun­tain.co.za en bui­te­le­we­win­kels

4 360°-kos­bak

’n Ge­wo­ne bord neem dalk min­der plek op, maar kan jy gis­ter­aand se tjop­pie daar­in bê­re vir la­ter? Die af­son­der­li­ke kom­par­te­men­te werk lek­ker as jy dit ver­pes wan­neer beet­slaai jou braai­brood­jie pers kleur. Prys R170 by S­ports­mans Wa­re­hou­se; sport­mans­wa­re­hou­se. co.za

5 Hand­pres­so­kof­fie­ma­ker

Nes die bon­ki­ge es­pres­so-ma­sjien by jou guns­te­ling­kof­fie­win­kel dwing hier­die pom­pie kook­wa­ter teen ’n hoë druk deur ge­maal­de kof­fie­bo­ne. So­doen­de word al die geu­re en sma­ke daar­uit ont­trek. Ge­bruik jou eie Ke­ni­aan­se meng­sel of E.S.E.-kof­fie­kap­su­les. Prys R1 895 by at­ge­ar.co.za

6 Black Di­a­mond Ion-kop­lig

Black Di­a­mond se klein­ste en lig­ste vol­waar­di­ge kop­lig­gie ge­bruik twee AAA-li­ti­um-i­oon­bat­te­rye wat 180 uur teen lae ver­lig­ting (6 m sig­af­stand) of 6 uur op mak­si­mum be­lig­ting (38 m sig­af­stand) ver­skaf. Dit het ook ’n rooi gloei­lam­pie as jy nie saans mus­kie­te wil lok nie. Prys R500 by ram­moun­tain.co.za

7 Lei­su­re Quipop­vou­ke­tel

Hier­die ke­tel vou plat so­dat dit min plek in be­slag neem en is groot ge­noeg om 1 li­ter wa­ter te kook so­dat al­mal in jou groep ’n be­ker sterk boe­re­troos kan ge­niet. Ont­hou net – hy’s ge­maak van si­li­koon en be­doel vir ’n stoof­plaat en nie die oop vuur nie. Prys R360 by win­kel.weg.co.za

8 Sea to Sum­mit Ul­tra-Sil-dag­sak

Dis ver­stom­mend om te sien hoe ’n 20 li­ter-rug­sak met skou­er­ban­de en al uit dié piep­klein bon­del­tjie vou. Hou dit in jou hand­sak vir in­ko­pies of in jou oor­nag­sak as ’n dag­stap deel van jul­le na­week­plan­ne is. Prys R500 by Trap­pers;

trap­pers.co.za

9 R­he­boks­kloof­wyn­sak­kies

’n Pap­sak van vyf li­ter is te groot en swaar om saam te dra op ’n stap­roe­te en die wyn is nie al­tyd wat­won­ders nie. Hier­die sak­kies hou elk­een een glas wyn en die bes­te van als is dat dit vo­ren­toe smaak! Prys R348 (kis met 12 sak­kies) by R­he­boks­kloof of ta­ke­a­lot.co.za

10 Gid­gitz-mes

Dié mes gaan nie werk vir skaap­slag nie, maar hy kerf lek­ker bil­tong en hy’s k­lein ge­noeg om in jou broek­sak te dra. Prys R95 by ram­moun­tain.co.za en bui­te­le­we­win­kels

11 Mo­bee­go-bat­te­ry

Dié bat­te­ry­tjie hou ge­noeg e­lek­tri­si­teit om jou iP­ho­ne of An­droid­foon van mors­dood tot op 40% te kry. Dit kan tien jaar lank ge­bê­re word en wan­neer dit eers ge­bruik is, kan jy dit maar weg­gooi. Net nie in die veld nie as­se­blief – zirts hom in die Zi­bi-blik. Prys R80 vir ’n foon­pas­stuk plus een bat­te­ry of R40 per ver­van­gings­bat­te­ry son­der pas­stuk by

fa­ce­book.com/mo­bee­go­south a­fri­ca

12 N-rit-was­lap

K­nip dié was­lap aan die skou­er­band van jou rug­sak waar jy hom mak­lik kan by­kom om jou val­helm se klep of jou ka­me­ra af te stof. Dit kan werk as ’n hand­doek, maar jy gaan dit her­haal­de­lik moet wring voor­dat jou lyf heel­te­mal droog is. Sien no. 18 vir die hand­doek­weer­ga­we van hier­die pa­tent. Prys R125 by Ca­pe U­ni­on Mart

Hier­die tent het ’n en­ke­le paal wat jou help om hom blits­vin­nig op te rig. (Die ver­vaar­di­ger sê 7 mi­nu­te, maar ek het dit in 5 ge­doen.) Dis ont­werp om S­kot­land se storm­ag­ti­ge win­ter­weer uit te hou dank­sy ’n 5 000 mm-wa­ter-ko­lom­gra­de­ring en baie an­ker­toue. Die na­deel van die en­kel­paal­on-twerp is dat die tent nie son­der sy an­ker­toue en tent­pen­ne reg­op kan bly staan nie. Prys R2 750 by ram­moun­tain. co.za

14 JR Ge­ar Tra­ver­seo-pblaas­ma­tras

’n Goeie nag­rus is be­lang­rik, maar jy gaan ’n ma­tras ver­wens as jy swaar moet dra. Dié bed is ge­mak­li­ker as daai dun self­op­blaas-ma­tras­sies. Tog weeg dit die­self­de en rol selfs klei­ner op – en 15 tot 20 diep teue is ge­noeg om dit op te blaas. As jy nie die long­ka­pa­si­teit hier­voor het nie, is ’n by­pas­sen­de sak­pomp be­skik­baar wat ook as ’n dro­ë­sak ge­bruik kan word. Prys R900 by ram­moun­tain.co.za

15 K-Way Li­te 400

So­lank jy nie be­plan om in Au­gus­tus in Sut­her­land se woon­wa­park te oor­nag nie, is dié slaap­sak vol­doen­de vir Suid-Afrika se ma­ti­ge kli­maat. Maar as die kwik la­er as 8 °C daal, gaan jy met al jou kle­re aan jou lyf moet slaap of be­lê in ’n spe­si­a­le voe­ring wat die tem­pe-ra­tuur­gra­de­ring ’n hup­stoot gee. In ruil vir die min­der in­druk­wek­ken­de tem­per-a­tuur­gra­de­ring rol die slaap­sak in ’n k­lein bon­del op. Prys R3 000 by Ca­pe U­ni­on Mart;

ca­peu­ni­on­mart.co.za

16 Na­tu­ral In­s­tincts-lig­ge­wig­stoel

Kê­rels wat heel­dag op mo­tor­fiet­se rond­skud, wil nie in die aan­de op ’n klip of ’n boom­stomp sit nie. Dié leun­stoel on­der­steun jou rug so­dat jy voor die kamp­vuur kan ont­span. Dit vou k­lein op en kan 130 kg dra. Prys R700 by S­ports­mans Wa­re­hou­se; sport­mans­wa­re­hou­se. co.za

17 K-Way S­wandons-veer­baad­jie

Hier­die baad­jie is met reg­te eend­dons ge­vul en bied uit­ste­ken­de be­sker­ming teen sner­pen­de koue. Dis 100% wind­be­stand en haal ook a­sem, so­dat jy nie daar­in sweet nie. Dis ui­ters lig en vou k­lein op – jy sal dus nie om­gee om dit o­ral saam met jou te neem nie. Dis boon­op net­jies ge­noeg om aan te t­rek na ’n re­stau­rant toe. Prys R1 500 by Ca­pe U­ni­on Mart

18 K-Way-mi­kro­ve­sel-hand­doek (groot)

Hier­die hand­doek is ’n rap­sie gro­ter as ’n stan­daard-bad­ka­mer-hand­doek, hoe­wel dit min­der as die helf­te daar­van weeg. Dit raak blits­vin­nig droog en is boon­op sag op die vel. Prys R300 by Ca­pe U­ni­on Mart

ca­peu­ni­on­mart.co.za

19 Hot-Rods GTOroos­ter

Daar is klei­ner en lig­ter braai­roos­ters as hier­die mo­del – en ons het al op baie van hul­le ge­braai, maar niks klop ’n ste­wi­ge toe­kny­proos­ter nie. Hier­die roos­ter is ge­maak van vlek­vrye staal, dis ver­stel­baar en het ’n nut­ti­ge drie­poot. Dis die klein­ste “wa­re” braai­roos­ter wat ons kon vind en hoe­wel hy am­per ’n ki­lo­gram weeg, is dit el­ke gram werd. Prys R470 by Out­door Wa­re­hou­se;

out­door­wa­re­hou­se.co.za

20 ATG Ji­ko Mul­ti­fu­el-oond

Jy het ’n vlam­me­tjie no­dig om wa­ter te kook en kos gaar te maak, maar hout is nie o­ral be­skik­baar nie en by som­mi­ge plek­ke mag jy glad nie ’n oop vuur maak nie. ’n Mo­tor­fiets­ry­er be­hoort al­tyd pe­trol te hê en dié sto­fie brand dit met graag­te. En nie net pe­trol nie, maar ook ben­sien, pro­paan, bu­taan, LRP, LPG en selfs die­sel! Die sto­fie se po­te sprei lek­ker wyd uit so­dat dit nie mak­lik om­val nie. Prys R1 795 by flying­brick.co.za >

13 GE­WIG 2 120 g AFMETINGS (ver­pak) 430 (l) x 120 (b) x 120 mm (h) AFMETINGS (op­ge­slaan) 2 450 (l) x 1 800 (b) x 1 050 mm (h)

14 GE­WIG 490 g AFMETINGS (ver­pak) 210 (l) x 90 (b) x 90 mm (h) AFMETINGS (uit­ge­rol) 1 830 (l) x 510 (b) x 89 mm (h)

15 GE­WIG 320 g AFMETINGS (ver­pak) 230 (l) x 130 (b) x 130 mm (h) AFMETINGS (uit­ge­rol) 2 250 (l) x 830 mm (b)

TEMPERATUURGRADERING 12 °C

16 GE­WIG 1 016 g AFMETINGS (ver­pak) 830 (l) x 90 (b) x 90 mm (h) AFMETINGS (op­ge­slaan) 630 (h) x 520 (h) x 670 mm (h)

17

GE­WIG 230 g

18 GE­WIG 290 g AFMETINGS (ver­pak) 180 (l) x 100 (b) x 100 mm (h) AFMETINGS (uit­ge­rol) 1 350 (l) x 700 (b) x 3 mm (h)

19 GE­WIG 906 g AFMETINGS (ver­pak) 252 (l) x 280 (b) x 51 mm (h) AFMETINGS (op­ge­slaan) 398 (l) x 280 (b) x 191 mm (h)

20 GE­WIG 305 g (sto­fie); 235 g (wind­skerm); 215 g (bot­tel, leeg) AFMETINGS (sto­fie, ver­pak) 90 (l) x 90 (b) x 96 mm (h)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.