IM­fo­lo­zi en Ma­pu­ta­land

B­ring die ge­sin en sluit aan by Weg en M­p­a­fa Tra­vel vir ’n toer in die noor­de van K­waZu­lu-Na­tal – van die iM­fo­lo­zi-wild­re­ser­vaat na Ko­si­baai, die It­ha­la-wild­re­ser­vaat en die Tem­be-o­li­fant­park.

Weg! - - In­houd -

B­ring die ge­sin vir Weg en M­p­a­fa Tra­vel se toer in die noor­de

WAT MOET EK B­RING?

• jou­self en jou ge­sin • ’n 4x4 met goeie grond­vry­hoog­te ( jy be­taal self die pe­trol) • dran­kies en ver­sna­pe­rin­ge • kamp­stoe­le

DIE TOERPRYS SLUIT IN

• ’n toer­lei­er en er­va­re veld­gids • drie e­tes per dag • al­le ver­blyf in cha­lets

of gas­te­hui­se • al­le park­ta­rie­we • twee­rig­ting­ra­dio’s

TOERINLIGTING

Wan­neer? 22 No­vem­ber-30 No­vem­ber 2017

Hoe lank is die toer? 9 dae, 8 nag­te Ver­trek­punt Ulun­di, K­waZu­lu-Na­tal Eind­punt It­ha­la-wild­re­ser­vaat B­ly­plek For­me­le ver­blyf

Hoe­veel kos dit? R17 550 p.p. En­kel­per­so­ne be­taal 30% ek­stra.

DIE TOER IN ’N NEUTEDOP

Dag 1 Ons ontmoet by Ulun­di en ry na die Hluhlu­weiM­fo­lo­zi-wild­re­ser­vaat. Dag 2 Ons ry ’n 4x4-roe­te wat toe is vir die pu­bliek. Dag 3 Ons be­soek die wild­vang­kom­pleks by die Eeu­fees­sen­trum voor­dat ons kus toe mik. Die roe­te neem ons na St. Lu­cia, waar ons twee nag­te deur­bring. Aand­e­te word ge­niet in die iSi­man­ga­li­so-vlei­land­park. Gas­te word dan op ’n aand­wild­kyk­rit ge­neem.

Dag 4 Snor­kel vir die dag by Kaap Vi­dal, ry perd op die strand of be­soek die kro­ko­dil­sen­trum – jy be­taal self vir dié ak­ti­wi­tei­te. Al­mal kom by­een vir ’n ske­mer­boot­vaart op die St. Lu­ci­a­meer.

Dag 5 Ons ry op teen die wes­te­li­ke oe­wer van die St. Lu­ci­a­meer; die aand slaap ons oor in ’n pri­va­te wild­lod­ge op die grens van die Tem­be-o­li­fant­park. Teen ske­mer soek ons op die strand na see­skil­paaie.

Dag 6 Van­dag mik ons na die Ko­si­mon­ding en be­kyk een van die oud­ste vis­vang­prak­ty­ke. Swem, snor­kel en ’n piek­niek kom aan die beurt. Laat­mid­dag gaan kyk ons na Tem­be se o­li­fan­te en eet aand­e­te in ’n bo­ma.

Dag 7 Die groep ver­trek weer na die Tem­be-o­li­fant­park om vir die og­gend wild te kyk. Ons eet laat­ont­byt by die lod­ge en ver­trek na die It­ha­la-wild­re­ser­vaat waar ons vir die vol­gen­de twee nag­te oor­bly.

Dag 8 Wild­kyk in It­ha­la is fan­tas­ties en die re­ser­vaat is aan die stil kant. Vroeg­og­gend is daar ge­leent­heid vir ’n og­gend­wan­de­ling op eie on­kos­te. Die groep ontmoet vir mid­dag­e­te, ont­span die mid­dag en die laas­te aand­e­te saam is by die lod­ge.

Dag 9 On­ge­luk­kig is dit tyd om te groet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.