Wie’s jou held?

Weg! - - Pierre Sê -

’n Mens kan op prin­se nie ver­trou nie, maar hier­die laas­te paar maan­de in die Wes-Kaap het be­wys dat ons waar­lik op ons brand­weer­man­ne kan staat­maak.

Daar het om­trent nie ’n week ver­by­ge­gaan waar­in dié dap­per mans en vroue nié ge­swoeg het om veld­bran­de teen ons mooi Bo­land­se ber­ge te be­stry nie, en daar­om gaan Weg se re­dak­sie op die 27 Fe­bru­a­rie met bak­kie­vrag­te melk­tert by brand­weer­sta­sies op­daag – om dan­kie te sê. En ons wil jou graag aan­moe­dig om die­self­de te doen! Ver­ras van­jaar op Na­si­o­na­le Melk­tert­dag jou held met ’n melk­tert.

Dalk is dit die ver­pleeg­sters by ’n hos­pi­taal se on­ge­val­le-een­heid. Of die men­se­red­ders by jou naas­te strand. Wat van die pa­ra­me­di­ci wat lang ure werk, of jou dorp se po­li­sie­le­de? Die straat­ve­ërs, skoon­ma­kers, win­kel­trol­lie­sto­ters en bus­dry­wers. Kin­der­op­pas­sers, on­der­wy­sers, sport­af­rig­ters wat smid­dae in die son staan en braai so­dat jou dog­ter kan hek­kies oe­fen, en daai tan­nie in die dorp wat jou kin­ders se sin, cos en tan voor ’n ek­sa­men met ek­stra klas­se in­dril.

Dink ’n bie­tjie... daar is so baie hel­de wat die le­we vir ons vei­li­ger, mak­li­ker en lek­ker­der maak – hier­die mense ver­dien ap­plous. Ap­plous wat soos va­niel­je smaak en soos ka­neel ruik, ja! Mét ’n bot­te­ri­ge skil­fer­kors.

Wys ons op Na­si­o­na­le Melk­tert­dag wie jou held is deur dié een met ’n melk­tert te ver­ras. En deel jou sto­rie en fo­to’s met die res van die land op Fa­ce­book, T­wit­ter en In­sta­gram. Merk al­les wat jy laai met #melk­tert en #my­held – en laat die melk­tert se man­tel wap­per!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.