Waar is die uil?

Weg! - - Vooraf -

Ons was on­langs by An­ge­la’s Sa­fa­ri Camp in die Kla­se­rie- pri­va­te na­tuur­re­ser­vaat langs die Kru­ger­wild­tuin. Ons gids het langs ’n rots­ag­ti­ge dag­soom stil­ge­hou en ge­vra of ons die uil kan sien. Ná vyf mi­nu­te van rond­soek, moes hy dit vir ons uit­wys. ( Ek het ook ge­suk­kel. Lei­draad: kyk links on­der... – Red.)

En so­waar, daar sit ’n ge­vlek­te oor­uil op ’n nes tus­sen die tak­ke – dis nou “uil­s­te­ken­de” ka­moe­fle­ring!

Dit het my her­in­ner aan ’n an­der keer in die Tim­ba­va­ti-wild­re­ser­vaat. Ons het na ’n hi­ë­na ge­kyk toe ie­mand an­ders iets sien be­weeg in die boom langs ons. Dis toe dat ons die wit­wan­guil op ’n nes in ’n or­gi­dee­plant (in­las on­der) ge­waar. Daai een was ook mooi ge­ka­moe­fleer. Die na­tuur is da­rem maar on­ge­loof­lik.

ANGE LANG, Dur­ban

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.