T­rek af by die Wa­ter­wiel Bak­huis

Weg! - - Vooraf -

Die af­ge­lo­pe va­kan­sie het ons op die N1 te­rug­ge­ry huis toe uit die Kaap. Hier rond­om Co­les­berg wou ons stil­hou om iets te eet, maar die S­hell Ul­tra en die En­gen is toe­ge­par­keer – dit was 30 De­sem­ber. Ek loer op Google en die Wa­ter­wiel Bak­huis op Tromps­burg in die Vry­staat klink be­lo­wend.

Daar ge­kom, draai ’n wa­ter­wiel waar die wa­ter el­ke keer sag­gies te­rug­plons in ’n poe­le­tjie. Die kleur­ry­ke win­kel­tjie lyk soos die hui­sie waar­op Han­sie en G­rie­tjie moet af­ge­kom het.

Hier bak die ei­e­naar al­les self – van die bes­te pas­teie, ker­rie en rys, vet­koek en maal­vleis... Hy is ook ’n melk­tert­mees­ter van for­maat; hy bak nie die ter­te wat mense van­dag aan jou ver­koop wat so styf soos ten­nis­bal­le is nie, maar daar­die wat Ou­ma en Ou­ma­groot­jie nog ge­bak het.

Die koek­sis­ters is só vars die stroop loop aan die kan­te van jou mond af, maar hou plek vir die jêm­tert­jies, nè. Sorg dat die Wa­ter­wiel Bak­huis op jou toer­plan is as jy weer op die N1 ry.

DRIEKIE VENTER, P­ha­la­bor­wa >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.