Vat jou goed en t­rek, me­neer Pou

Weg! - - Vooraf -

Ek het dié fo­to op ’n plaas na­by So­mer­set-Wes ge­neem. Die pou het al om die bak­kie ge­stap – ek het eers ge­dink hy’s ag­ter die per­de­voer ag­ter­op die bak­kie aan, maar sien toe hoe hy sy weer­kaat­sing pro­beer aan­val.

Hy het eers net ver­sig­tig ge­skop na die “nuwe” man­ne­tjie in sy ge­bied. Daar­na het hy ge­pronk en uit­da­gend rond­om die bak­kie ge­skree. Sy ge­duld met die weer­kaat­sing het al hoe min­der ge­word en sy aan­val meer erns­tig. Toe hy die bak­kie raak­skop, moes ek hom sag­gies weg­jaag. Hy het tot in die boom ge­vlieg en vies van bo af vir my ge­loer.

HANNEKE FOURIE-BENEKE, So­mer­set-Wes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.