V&A

Het jy iets on­ge­woons af­ge­neem? ’n Ke­wer met ’n lus vir per­de­by? ’n Vlak­vark wat ’n “dop” be­stel, of twee ka­meel­per­de wat nek­dan­sies doen? Ons vra die ken­ners...

Weg! - - Vooraf -

GERALD KENT van Gra­ham­stad skryf: Ek was on­langs by die Mo­ka­la- na­si­o­na­le park, wat baie droog was. Ons was by die Ka­meel­do­ring­boom­huis en daar het ’n dooie skil­pad op die grond ge­lê. ’n Vlak­vark kom toe en be­gin die dop vreet. Is dit nor­ma­le ge­drag?

Die wild­le­we­ken­ner L.D. VAN ESSEN ant­woord: Vlak­var­ke is om­ni­vo­re en hul­le sal aas op kar­kas­se as pro­te­ïen­aan­vul­ling, ver­al in droog­te­tye wan­neer kos skaars is. Daar is selfs aan­ge­te­ken­de ge­val­le waar vlak­var­ke die pas­ge­bo­re lam­me­tjies van bok­spe­sies dood­maak en vreet. In dié ge­val is dit moont­lik dat die vlak­vark nie die dop vreet nie, maar wel die uit­ge­droog­de in­ge­wan­de en vleis wat in die dop oor­ge­bly het. In­dien die vlak­vark wel stuk­ke dop ge­vreet het, sou dit moont­lik wees om ’n kal­si­um- en/of fos­faat­te­kort aan te vul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.