PIETER BROERE

Weg! - - Vooraf -

van Pretoria skryf: Ek bly op ’n klein­hoe­we na­by die Roo­de­plaat­dam. Ek weet som­mi­ge per­de­bye is roof­in­sek­te wat jag maak op die lar­wes van an­der in­sek­te. Dié be­sie het die pa­pier­wes­pe se nes leeg ge­vreet. Kan die per­de­bye die nes ver­de­dig? Hou die twee spe­sies me­kaar so on­der be­heer – die per­de­by jag die be­sie se lar­wes ter­wyl die be­sie weer die per­de­by se lar­wes vreet?

Die in­sek­ken­ner DUNCAN MACFADYEN ant­woord: Die groot korf­ke­wers kan per­de­by- en by­nes­te heel­te­mal ver­nie­tig. Sy har­de voor­vler­ke be­skerm hom teen die ste­ke van die per­de­by. Dit lyk as­of die ke­wers ver­kies om die nes én die broei­sel te vreet. As ’n mens die ke­wer se groot­te en eet­lus in ag neem, kan die eet­ge­drag wel ’n im­pak op die broei­suk­ses van die per­de­bye hê. Die ke­wers vreet ook heu­ning en kan siek­tes tus­sen by­ko­lo­nies oor­dra. By­e­boe­re ge­bruik by­e­kor­we met k­lein in­gan­ge in ’n po­ging om die ke­wer uit te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.