GOED OM TE WEET

Weg! - - Kyk Hier -

KRU­GER­WILD­TUIN

Bly in ’n po­li­sie­man se huis

Aan die be­gin van die 20ste eeu was die noord­oos­te­li­ke hoek van die La­e­veld ’n wil­de plek – só wild mense het dit Crook’s Cor­ner ge­noem. Groot­wild­jag­ters, stro­pers en wer­wings­a­gen­te vir myn­wer­kers het hier a­mok ge­maak. Die naas­te ge­regs­kan­to­re was ver bui­te die park en vroeg in die 1930’s het die po­li­sie be­sluit om ’n sta­sie in Pun­da Ma­ria te ves­tig, des­tyds die Kru­ger­wild­tuin se mees noor­de­li­ke kamp. Die sta­sie is in die ja­re se­wen­tig ge­sluit en park­per­so­neel en na­vor­sers het toe in die huis ge­bly. Dit het la­ter in on­bruik ver­val.

Dié huis is on­langs om­skep in ’n luuk­se self­sor­ghuis, Rus­sell Cot­ta­ge, met ’n sken­king uit die boe­del van die na­tuur­lief­heb­bers Ro­land en Ur­su­la D’I­vry Rus­sell. Garth Holt, die kamp­be­stuur­der, en sy span het die ge­skie­de­nis van die po­li­sie­sta­sie­tjie be­waar. Die oor­spronk­li­ke ven­ster­ra­me en deur­ko­sy­ne van die po­li­sie­huis is nog daar, en die meu­bels en de­kor her­in­ner aan ’n ver­vloë tyd. Die bo­ma en braai­plek staan op die plek waar die aan­klag­kan­toor was en ’n ou wa­ter­tenk wat des­tyds om­skep is in ’n bui­te­stort, is be­hou.

Rus­sell Cot­ta­ge is teen die Dim­bo-heu­wel­tjie nes jy die rus­kamp in­ry. Dis ’n ent­jie van die an­der bly­plek­ke af. Die ver­blyf is vol­le­dig toe­ge­rus, met lug­re­ë­ling, en slaap­plek vir 4 in twee en sui­te-dub­bel­ka­mers. Die stoep met sif­deu­re en -ven­sters het ’n uit­sig oor die Pun­da­val­lei. Kos­te Va­n­af R2 130 per nag vir 4 mense. Kon­tak 012 428 9111; san­parks.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.