Slaap ‘groen’

Weg! - - Kyk Hier -

Die Groot­va­ders­bosch-na­tuur­re­ser­vaat na­by Hei­del­berg in die Wes-Kaap het se­dert De­sem­ber laas­jaar 11 nuwe hut­te by­ge­kry. Die hui­sies is ge­bou waar voor­heen per­so­neel­hui­sies was, op ’n rant in dié re­ser­vaat, en so­ver moont­lik met bou­ma­te­ri­aal wat voor­heen vir an­der bou­sels ge­bruik is, om die im­pak op die om­ge­wing so ge­ring as moont­lik te hou.

Die kom­buis is vol­le­dig toe­ge­rus en lin­ne en hand­doe­ke is in­ge­sluit. El­ke hut het ’n bui­te- en bin­ne­braai. Waar? On­ge­veer 260 km van Kaap­stad af, in die Lan­ge­berg na­by Hei­del­berg. Aan­wy­sings is op die web­blad te kry. Kos­te R950 p.n. (vir ’n hut met slaap­plek vir 4) plus ’n be­wa­rings­ta­rief (R40 p.p.p.d. vir vol­was­se­nes en R20 p.d. vir kin­ders; gra­tis met ’n Wild Card). Meer in­lig­ting 028 492 0001;

ca­pe­na­tu­re.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.