Ram­bling Ro­se, Mon­ta­gu

Weg! - - Kortliks -

As jou maag op die R62 be­gin grom, is dit die moei­te werd om uit te hou tot by hier­die pad­stal-de­li-en-re­stau­rant in Mon­ta­gu se hoof­straat. Cay en Ser­gio Fer­nan­des bly al vyf jaar op Mon­ta­gu en het dié be­sig­heid se­dert­dien saam met Cay se ou­ers ont­wik­kel tot ’n ge­wil­de kui­er­plek vir smul­pa­pe. Hul­le het oor­spronk­lik in Hout­baai ge­bly, waar Ser­gio in die vis­vang­be­dryf was.

Hul­le draai­spit­hoen­ders – gaar teen mid­dag­e­te – ver­koop blits­vin­nig uit op Sa­ter­dae en Son­dae (R99 elk). Op Vry­dae, Sa­ter­dae en Son­dae kan jy weg­lê aan ’n buf­fet-mid­dag­e­te (R20 per 100 g) waar jy kan kies uit tot 20 warm en koue ge­reg­te. Kry som­mer ’n bot­tel van hul­le tuis­ge­maak­te ris­sie­sous (R48) ook. “Ons ver­koop 100 bot­tels per maand,” sê Cay. Hul­le bak ook hul­le eie brood en heer­li­ke pas­teis de na­ta (Por­tu­ge­se melk­tert­jies, R16).

En hier’s nog ’n wenk: Al is Mon­ta­gu nie ’n dor­pie-by-die-see nie, is die Ram­bling Ro­se die bes­te plek op die dorp om vis te eet – dank­sy Ser­gio se kon­tak­te. Waar? Lang­straat 36* (die hoof­pad deur die dorp wat deel is van die R62) Oop Va­n­af 8 vm., en die kom­buis sluit om 4 nm. Ge­sluit op Dins­dae, be­hal­we op o­pen­ba­re va­kan­sie­dae. Kon­tak 083 401 4503

* Lang­straat is tans ’n een­rig­ting­pad van die Kaap­stad-kant af as ge­volg van pad­wer­ke. Ram­bling Ro­se lê op die reg­ter­kant. Van die Bar­ry­da­le-kant af is die bes­te op­sie om in Kerk­straat te par­keer – daar waar die ty­de­li­ke om­pad be­gin – en die 2 mi­nuut-stap­pie aan te durf. Ram­bling Ro­se is twee blok­ke van hier af. Jy sal nie spyt wees nie.

– And­rea Weiss

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.