FRANSCHHOEK

Weg! - - Kortliks -

Klink ’n gla­sie op die oes Dis die tien­de jaar dat die pu­bliek die wyn­oes op Solms-Del­ta bui­te Franschhoek saam met die plaas­wer­kers en ei­e­naars kan kom vier. Die ATKV-oes­fees bied ver­skil­len­de mu­siek­hoog­te­pun­te, van die Ra­dio Ka­la­ha­ri Or­kes en He­mel­be­sem tot Lek­ker Lek­ker Del­ta (fo­to bo). Die 2016-wen­ners in die ATKV-riel­dans­kom­pe­ti­sie se ka­te­go­rie vir ju­ni­ors, Die Be­tjies van Be­tjies­fon­tein, kom skop ook hier stof op.

Koop tra­di­si­o­ne­le Kaap­se ge­reg­te soos wa­ter­blom­me­tjie­bre­die, Kaap­se ker­rie-af­val en koek­sis­ters en drink van Solms-Del­ta se wyn. Die fees het ook ’n vei­li­ge plek waar C­re8ti­ve Kids die kin­ders met ak­ti­wi­tei­te en spe­le­tjies be­sig hou. Wan­neer? 25 Maart Waar? Solms-Del­ta-wyn­plaas, Del­ta­weg, Fransch­hoek­val­lei. Tyd 9 vm.-9 nm. Kos­te R120 p.p. (vooraf by Com­pu­tic­ket, Solms-Del­ta se proe­lo­kaal, of C­hec­kers/S­hop­ri­te se Com­pu­tic­ket-toon­bank); R150 p.p. (by die hek); R40 vir kin­ders tus­sen 2 en 12; R1 vir kin­der jon­ger as 2. Meer in­lig­ting 021 874 3937; oes­fees.co.za >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.