Mal oor bil­tong? Hier’s ’n klub vir jou..

Weg! - - Kortliks - Meer in­lig­ting 063 462 6468; bil­tong­bo­ard.com – Su­zaan Hau­man >

Die maat­skap­py Bil­tong Bo­ard le­wer maan­de­liks Suid-Afrika se guns­te­ling­peu­sel­hap­pie by jou deur af en het nou ook ’n aan­lyn­win­kel waar jy bil­tong en bil­tong­ge­reed­skap kan koop. Ons vra die stig­ter, die

Frans­man Max­i­me Eon, hoe dit werk.

Hoe ge­beur dit dat ’n Frans­man ’n bil­tong­be­sig­heid be­gin? Ek het ses jaar ge­le­de in Suid-Afrika aan­ge­kom met die plan om ’n reeks Fran­se bak­ke­rye te be­gin. Ek het bil­tong by die Bay Har­bour­mar­kie in Hout­baai ge­proe en was da­de­lik ver­lief!

Waar het Bil­tong Bo­ard be­gin? Op daar­die Son­dag­mid­dag by die mar­kie. Ek het heer­li­ke bil­tong ge­koop en be­sef dit wat in ket­ting­win­kels te koop is, is nie al­tyd van die bes­te ge­hal­te nie. Ná twee jaar se proe het ek ’n lys van goeie ver­skaf­fers saam­ge­stel. Ek het dit met vrien­de en fa­mi­lie ge­deel en be­sef dié ding kan groot gaan. Só is Bil­tong Bo­ard ge­bo­re.

Hoe werk dit? Jy te­ken vir drie of ses maan­de in op ons web­blad ( bil­tong­bo­ard.com). Vars bil­tong, net­jies ver­pak, word dan by jou deur af­ge­le­wer. Ons stuur el­ke maand vir mense vier nuwe bil­tong­pro­duk­te (ver­skeie soor­te bil­tong en dro­ë­wors). Ons het ook ’n aan­lyn­win­kel met pro­duk­te en ge­skenk­be­wy­se.

Wat’s vol­gen­de? Ons pro­beer die han­dels­merk uit­brei na mark­te reg­oor Suid-Afrika. Dit gaan goed met die aan­lyn­be­sig­heid, maar ons wil ook an­der mense be­reik – en dis lek­ker om die mense wat aan­lyn koop in le­wen­de ly­we te ontmoet!

Jou guns­te­ling­bil­tong? Ek’s ’n groot aan­han­ger van tra­di­si­o­ne­le bees­bil­tong – ef­fens nat en met ’n bie­tjie vet. Maar die nuwe geu­re en pro­duk­te wat ons ont­wik­kel, lok my al meer – soos ons Ba­con B­liss Bil­tong – met blat­jang of in ’n G­riek­se styl.

Wat kos dit? Dit kos R330 per maand om in te te­ken. Jy kry ’n kap­bord ter waar­de van R175 (een­ma­lig) en el­ke maand so­wat 1 kg bil­tong – wat bees- en wilds­bil­tong in­sluit. Jy moet vir min­stens drie maan­de in­te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.