Nuwe wag­beurt vir Ve­nus

Weg! - - Kortliks - – Wil­lie Koorts

Jy weet dalk van­dag dat die “aand-” en “mô­re­ster” die­self­de he­mel­lig­gaam is, maar dit was nie al­tyd so nie. Die an­tie­ke E­gip­te­na­re en G­rie­ke het dit as twee af­son­der­li­ke goed ge­sien en selfs twee na­me daar­voor ge­had. Die G­rie­ke het ge­praat van P­hos­p­ho­ros, wat “die brin­ger van lig” be­te­ken, en Hespe­ros – “die ster van die aand”.

Nou weet ons dis nie ’n ster nie, maar wel die pla­neet Ve­nus wat par­ty­maal aan die een kant, en an­der tye weer aan die an­der kant van die Son is. Dis dus óf voor sons­op­koms óf na sons­on­der­gang sig­baar.

In Maart kan ons die oor­gang van Ve­nus van aand­ster na mô­re­ster dop­hou ter­wyl dit baie hel­der is. Dis al se­dert Ju­lie ver­le­de jaar die aand­ster in die wes­te. Dit het el­ke aand ho­ër bo die ho­ri­son ge­skuif en ook hel­der­der ge­raak. Op 12 Ja­nu­a­rie het die pla­neet sy hoog­ste punt bo die ho­ri­son be­reik en toe be­gin daal soos dit tus­sen die Aar­de en die Son in­be­weeg. In die pro­ses het Ve­nus na­der aan ons be­weeg en dus nog hel­der­der ge­raak. Dis op sy hel­der­ste op 19 Fe­bru­a­rie, voor dit weer dow­wer word en teen mid­del Maart in die Son se gloed ver­dwyn.

Op 25 Maart sit Ve­nus pre­sies tus­sen die Aar­de en die Son. Vroeg­op­sta­ners be­hoort Ve­nus ’n week of twee la­ter kort voor sons­op­koms, na­by die oos­te­li­ke ho­ri­son te sien her­ver­skyn as die mô­re­ster, ’n po­si­sie wat dit vir die res van die jaar sal be­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.