’n An­der soort wit

Weg! - - Kortliks -

Die mees­te wit leeus kan net in ’n die­re­tuin of op fo­to’s ge­sien word. Die Trust vir die Be­sker­ming van Wit Leeus ( whi­te­li­ons.org) skat daar is min­der as 13 oor in die na­tuur. Maar Suid-A­fri­ka­ners is ge­luk­kig: Die Tim­ba­va­ti-streek na­by die Kru­ger­wild­tuin is die e­nig­ste plek waar­van ek weet waar dié leeus na­tuur­lik voor­kom. Gaan soek hul­le langs die S100- en S41-pad al langs die park se oos­te­li­ke grens.

Baie mense dink wit leeus is leeus met al­bi­nis­me. Toe nie. Die­re met al­bi­nis­me word son­der die don­ker vel­pig­ment, me­la­nien, ge­bo­re. Die ge­volg is dat die vel en ha­re wit is en die oë pien­ke­rig. Die die­re het ook swak­ker sig en kry moei­li­ker kos as hul­le in die na­tuur voor­kom.

Ont­hou: Die mees­te die­re – roof­die­re en hul­le prooi – is aan­ge­pas om nie ge­sien te word nie, óf om be­ter te kan jag óf om hul­le te be­skerm teen roof­die­re. ’n Wit al­bi­no­dier staan uit teen sy om­ge­wing en word dus mak­li­ker raak­ge­sien. Dit, en sy swak sig, maak die dier se kan­se op oor­le­wing baie skraal. Daar­om vrek al­bi­no­die­re dik­wels wan­neer hul­le nog jonk is en is hul­le dus nie ’n al­ge­me­ne ver­skyn­sel nie.

Wit leeus het ’n soort­ge­ly­ke toe­stand ge­naamd leu­kis­me. Dit ver­oor­saak ’n bleek, wit, of kol­le­ri­ge kleur. Maar an­ders as by al­bi­nis­me, waar me­la­nien heel­te­mal af­we­sig is, ge­beur leu­kis­me as ge­volg van ’n ver­min­de­ring in ver­skeie pig­ment­lae. In le­ke­taal: Die groot ver­skil­le (wat ’n mens kan sien) tus­sen die twee toe­stan­de is dat ’n dier met leu­kis­me steeds ge­wo­ne oë sal hê, en ’n don­ker neus, lip­pe, en­so­voorts – soos die leeu op dié fo­to.

Leeus het ’n be­ter kans om te oor­leef as wit le­de van an­der spe­sies. Ja, el­ke nou en dan sal hy te veel by sy om­ge­wing uit­staan en sal ’n jag­tog mis­luk, maar sy kan­se om kos te kry is baie be­ter om­dat hy op die sa­me­wer­king van die trop kan staat­maak wan­neer hul­le jag. Toe, be­ïn­druk jou vrien­de as jul­le een te sie­ne kry..

– Al­bie Venter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.