WEET VOOR JY WAAI

Weg! - - Roei-Avontuur Madagaskar -

Hoe­veel kos dit?

Vlug­te Die vlug­te tus­sen Madagaskar en Suid-Afrika is duur, maar as jy eers daar is, kan jy re­la­tief goed­koop va­kan­sie hou. SA Ai­r­link is die bes­te op­sie en het op Son­dae di­rek­te vlug­te tus­sen Jo­han­nes­burg en No­sy Be (va­n­af so­wat R10 000 vir ’n re­toer­kaart­jie, af­han­gen­de van die sei­soen). Die vlug neem om­trent drie uur.

Roeisa­fa­ri Ons het ’n roeisa­fa­ri met Ma­da­gas­car Is­land Sa­fa­ris be­spreek wat vlug­te, plaas­li­ke ver­voer, ver­blyf en e­tes in­ge­sluit het. Dit kos so­wat R23 500 per per­soon, maar MIS het ver­skeie op­sies wat ’n mens kan oor­weeg in­dien jy nie nood­wen­dig wil roei nie. Hul­le sal ’n reis­plan vol­gens jou be­hoef­tes aan­pas.

Vi­sums, reis­ver­se­ke­ring en ma­la­ria Jy kan ’n ty­de­li­ke vi­sum met jou aan­koms op die lug­ha­we op No­sy Be koop. Dit kos 25 eu­ro per per­soon. Reis­ver­se­ke­ring is al­tyd ’n goeie i­dee. Ons het met Hol­lard In­su­ran­ce R660 vir twee mense be­taal vir ’n week se reis­ver­se­ke­ring. Ont­hou Madagaskar is ’n ma­la­ria­ge­bied; kry dus ’n voor­skrif by jou dok­ter vir die reg­te pil­le.

Hoe­veel sak­geld vat ek saam? Dis be­ter om met eu­ro’s na Madagaskar te reis. Plek-plek in Hell-Vil­le is ’n kits­bank waar jy aan die be­gin van jou reis a­ri­a­ri’s (die plaas­li­ke geld­een­heid) kan t­rek, maar by die mees­te plek­ke kan jy met eu­ro’s be­taal of dit mak­lik ruil.

Jy be­taal vir jou eie dran­kies, iets om te eet op jou eer­ste aand op No­sy Be en ’n k­lein be­drag­gie as jy ver­skil­len­de na­tuur­re­ser­va­te bin­ne­gaan. Dalk wil jy ook ’n ge­skenk of twee huis toe neem. Die ta­fel­doe­ke is mooi en die rum lek­ker (en lek­ker goed­koop). On­ge­veer €150 (R2 100) p.p. was meer as ge­noeg.

Wat pak ek? Al­les wat jou teen die son gaan be­skerm. Son­room... baie daar­van, en ont­hou om dit in jou tas te pak wat in die vlieg­tuig se ba­ga­sie­ruim gaan. Pak jy dit in jou hand­ba­ga­sie, gaan die doe­a­ne­be­amp­tes by die O.R. Tam­bo-lug­ha­we dit af­vat.

Ook: ’n goeie hoed, ’n swem­hemp waar­in jy kan roei, ’n ki­koi om oor jou be­ne te gooi, ’n son­bril, mus­kiet­weer­der, han­de­wa­sjel, I­mo­di­um-ta­blet­te, see­siek­ta­blet­te, ’n kop­lam­pie, wa­ter­skoe­ne, ’n wa­ter­be­stan­de ka­me­ra as jy een het, en ’n goeie boek.

Wat nog?

As jy in luuks­heid op die han­de ge­dra wil word en wei­er om koud te stort, is hier­die dalk nie die va­kan­sie vir jou nie. As jy al ge­kamp en met ’n em­mer­tjie wa­ter ge­stort het, gaan jy ou­kei wees. Drink ge­bot­tel­de wa­ter en bor­sel jou tan­de daar­mee.

Ons het baie ure om­ge­sit op die sta­di­ge dau, maar jy leer om jou oor te gee aan mo­ra mo­ra. Vol­gens MIS sal die roei­ers voort­aan met ’n vin­ni­ger mo­tor­boot na die ei­lan­de en kam­pe ver­voer word. Hul­le het wel steeds dau-sa­fa­ri’s.

Jy gaan van die lek­ker­ste vis van jou le­we eet, so­lank dit op die­self­de dag ge­vang word. An­der­sins eet jy krap, steur­gar­na­le en ze­bu- maal­vleis ( ze­bu is die naam van die Mal­gas­sie­se bees­ras). El­ke maal­tyd word met vars vrug­te soos man­go, pie­sang en pyn­ap­pel, as­ook rys en brood, voor­ge­sit. Jy gaan nie hon­ger ly nie.

KON­TAK Ma­da­gas­car Is­land Sa­fa­ris by 021 783 0400; ma­da­gas­ca­ris­lands­a­fa­ris.co.za SA Ai­r­link by 011 451 7300; stuur ’n e-pos na in­fo@fly­ai­r­link. com of gaan na fly­ai­r­link.com

In­dien jy lus is om die wa­ters om No­sy Kom­ba te ver­ken, kan jy vir Bert S­pal­ding kon­tak by

ka­y­ak­ma­da­gas­car@moov.mg of gaan na ka­y­ak-ma­da­gas­car.com

293 on Kom­ba laat jou on­mid­del­lik tuis voel, ’n bie­tjie soos jou eie (maar baie meer ek­so­tie­se) huis. Kon­tak vir Mar­ci­ne Cooper by

stay@293on­kom­ba.com of gaan na 293on­kom­ba.com

NUUSKIERIGE AGIE (kloks­ge­wys van links bo). Tam­sin Jo­nes neem ’n sel­f­ie van haar en ’n swart­le­mur­wy­fie in ’n re­ser­vaat op No­sy Kom­ba; Die Madagaskar-dag­boom­gei­tjie is een van so­wat 210 ak­ke­dis­spe­sies wat op die ei­lan­de voor­kom; Brand­ris­sies word ge­bruik om sa­kay te maak, ’n geu­ri­ge by­kos wat in ’n k­lein bak­kie met by­na el­ke maal­tyd voor­ge­sit word – pas­op, dis ver­sla­wend!; Dié man­ne­tjie op Iran­ja is klaar met kleu­ter­skool vir die dag, en wan­del strand­langs te­rug huis toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.