AN­DER FEES­TE

Suid-Afrika is ge­se­ënd met uit­ste­ken­de mu­siek­fees­te – waar­van baie op mooi plek­ke ge­hou word.

Weg! - - Kzn Splashy Fen -

VRY­STAAT Lush

Hier­die nuwe fees moet haar­self nog be­wys, maar ’n mens kan nie met die lig­ging fout vind nie – die plaas Lin­wood na­by Cla­rens in die Oos-Vry­staat. Dié jaar tree kuns­te­naars soos Je­re­my Loops, Ka­ren Zoid, Fran­cois van Co­ke, S­hort­straw en Koos Kom­buis op. Let wel Geen kin­ders jon­ger as 18 mag op die per­seel kamp nie, maar kin­ders kan wel as dag­be­soe­kers kom kui­er on­der vol­was­se toe­sig. Da­tum 13-16 A­pril (dis die­self­de na­week as S­plashy, maar Lush is na­der aan Gau­teng – dis dus ’n goeie al­ter­na­tief ). Kaar­tjies Va­n­af R495 p.p. (kamp in­ge­sluit) of R445 p.p. (na­week­kaart­jie, geen kamp) Kon­tak lushfes­ti­val.com

LIMPOPO Op­pi­kop­pi

Dis Suid-Afrika se oor­spronk­li­ke rock and roll-fees en word in die hart­jie van die win­ter in die Bos­veld se stow­we­rig­ste hoe­kie ge­hou – so­wat 16 km noord­wes van die dor­pie Northam.

“Kop­pi” – wat tot 15 000 mense kan lok – is waar­skyn­lik meer ge­pas vir jou en jou u­ni­ver­si­teitspêl­le as vir ’n ge­sin se eer­ste mu­siek­fees saam, maar dit sal de­fi­ni­tief ’n on­ver­geet­li­ke er­va­ring wees. Ek gaan ook daar wees – sien jou by die bar bo-op die kop­pie… Da­tum Vroeg in Au­gus­tus (da­tum moet nog be­ves­tig word) Kaar­tjies So­wat R800 (fi­na­le kos­te on­be­kend teen druk­tyd) Kon­tak op­pi­kop­pi.co.za

WES-KAAP Rocking the Dai­sies

“Dai­sies” word net ’n klip­gooi van Kaap­stad af ge­hou by die Cloof­wyn­land­goed na­by Dar­ling aan die Wes­kus – dis dus ’n maklike fees om as dag­be­soe­ker by te woon. Meer as 20 000 mense woon dit by. Da­tum 6-9 Ok­to­ber Kaar­tjies So­wat R1 000 p.p. vir die he­le na­week, maar hou jou oë oop wan­neer die kaart­jie­ver­ko­pe be­gin – ge­woon­lik vroeg in Mei – daar is spe­si­a­le aan­bie­din­ge vir dié wat vroeg be­spreek. Kon­tak rockingt­he­dai­sies.com

Up the C­reek

Hier’s die prent­jie: Jy dryf op ’n li­lo ê­rens op die B­re­ë­ri­vier en ie­wers in die ag­ter­grond doen ’n plaas­li­ke blu­es rock-le­gen­de sy ding.

Up the C­reek is al so lank soos S­plashy Fen aan die gang en al is dit 230 km van Kaap­stad af, is dit ’n maklike rit met die N2 langs.

Dis ’n klei­ner, in­tie­mer fees – net on­ge­veer 2700 kaar­tjies word ver­koop. Da­tum Jy het reeds die 2017- li­lo mis­ge­loop, maar skryf die laas­te na­week (ge­woon­lik) van Ja­nu­a­rie 2018 so­lank in jou dagboek. Kaar­tjies So­wat R1 000 p.p. vir die he­le na­week. Kon­tak upt­he­creek.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.