DIE STORTMAN

Weg! - - Kzn Splashy Fen -

Co­lin Cor­mac van Co­lin’s S­ho­wers “Ek het nog nie een mis­ge­loop nie – ek was al by al 27 S­plashys.

“Ek het nog al­tyd met my han­de ge­werk. Ek werk op ’n sui­wel­plaas na­by Bos­ton. Ek het ge­woon­lik vir my ’n stort by die fees op­ge­rig, maar toe het die oor­spronk­li­ke ei­e­naar, Pe­ter Fer­raz, van my ge­hoor en ge­vra dat ek dit vir fees­gan­gers kom doen. Ek doen dit nou al 14 jaar.

“Ek kom ’n week voor die fees om al­les op te rig. Ek ge­bruik my 1997 I­su­zu KB en ’n sleep­wa. Dit kos om­trent ses keer se ry om al­les hier te kry. Dan rig ek 16 stort­hok­kies op wat wa­ter van ’n stroom­pie hier na­by ge­bruik. Die wa­ter is skoon, ons het dit laat toets. Ek het ge­help om die pyp­lei­ding aan te lê wat die wa­ter na die fees­ter­rein b­ring.

“My werk is om mense skoon en ge­luk­kig te hou. Ek skep ’n ge­mak­so­ne vir fees­gan­gers. Die uit­druk­king op ie­mand se ge­sig as hul­le by die stort uit­kom en goed voel, is baie be­vre­di­gend. Ons gee stor­te vir tot 500 mense per dag.

“Ek is mal oor die mu­siek, selfs al kry ek nie so­veel tyd om na die bands te kyk soos in die ver­le­de nie. In die ver­le­de was my guns­te­lin­ge ve­te­ra­ne soos Syd Kit­chen en Mi­ke S­mith.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.