Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe werk dit? Die vyfdagtoer begin en eindig by Central Beach in Plettenber­gbaai. Jy kan jou voertuig hier parkeer. Van Plet af word almal met bussies tot by die Driekuilen-gasteplaas aangery. Ondersteun­ingsvoertu­ie met fietsrakke ry saam op die toer en jy kan inklim wanneer jou bene begin jellie word. Gidse lei die toer en ’n fietswerkt­uigkundige ry saam. Hoe fiks moet ek wees? Goed fiks. Dag een en twee se opdraandes is woes en op die ander dae is daar nie veel meer gelykpad nie. Maar hou moed; Weg en Dryland Ride werk aan planne vir ’n makliker roete in die Baviaans. Koste R15 000 per persoon. Dit sluit ’n tent vir elke persoon in met ’n bed, linne en handdoek. Ook alle verblyf, etes en peuselhapp­ies deur die dag. Masserings is aan die einde van elke dag beskikbaar, maar dit is nie by die prys ingesluit nie (R350 vir ‘n halfuur en R600 vir ‘n uur). Inligting en toerdatums Hou wildcorrid­or.co.za dop vir toerdatums en meer inligting of bel 082 880 2604 (Tony) of

083 261 3122 (Ian) of stuur ’n e-pos na ride@ wildcorrid­or.co.za Wenk Onthou dat dit warm is in die Baviaans, maar koud en reënerig kan raak in die Prins Alfredpas. Hou dus warm én waterdigte klere gereed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa