WERK DIE BES­TE?

Ver­le­de maand het jul­le oor dub­bel­bat­ter­y­stel­sels ge­skryf en net vin­nig na dubbelbattery-laaiers ver­wys, spe­si­fiek so­le­no­ïed­stel­sels ver­sus GS-tot-GS-laaiers. Het jul­le e­ni­ge raad vir my as ek ’n ge­sple­te laai­stel­sel wil koop?

Weg! - - Vlaggie -

Die de­bat oor wat­ter stel­sel die bes­te is (so­le­no­ïed of GS-tot-GS-laaiers) woed al ja­re lank. On­ge­luk­kig doen baie ver­keer­de in­lig­ting hier­oor die ron­de, wat deur geen na­vor­sing on­der­steun word nie. Tans is daar geen toet­se be­skik­baar om te be­wys een stel­sel is be­ter as die an­der nie. Dit moont­li­ke re­de hier­voor is dat daar so­veel op­sies be­skik­baar is. Wat in die een voer­tuig werk, sal nie nood­wen­dig in ’n an­der een werk nie.

Die an­der is die wan­op­vat­ting dat iets nood­wen­dig be­ter is om­dat dit duur­der is. Hier­die op­vat­ting word deur die be­dryf aan­ge­vuur, om­dat baie so­ge­naam­de ken­ners duur­der toerusting aan­be­veel om­dat hul­le meer wins daar­op maak. Dik­wels lei dié “ken­ners” ook ver­keer­de­lik af dat duur­der toerusting be­ter moet wees.

Na­ti­o­nal Lu­na het ’n reeks toet­se (op ver­skeie pro­duk­te) in die la­bo­ra­to­ri­um on­der­neem, maar die ant­woord is nie naas­ten­by klink­klaar nie. Die groot­ste pro­bleem wan­neer jy pro­beer vas­stel wat­ter dubbelbattery-laai­er die bes­te is, is dat die re­sul­taat be­ïn­vloed word deur fak­to­re soos:

Die soort bat­te­ry wat jy ge­bruik Die al­ter­na­tor se krag­le­we­ring Die tyd wat jy ge­mid­deld op die pad deur­bring

Elk­een van hier­die ver­an­der­li­kes het ’n groot in­vloed op hoe die dubbelbattery-laai­er werk. Daar­om kan jy aan­vaar dat e­ni­ge stel­lings oor wat­ter stel­sel be­ter werk, vrot van e­ral­ge­me­nings gaan wees. Kom ons kyk na ’n ti­pie­se voor­beeld:

As die al­ter­na­tor se uit­set 13,7V of meer is, sal ’n so­le­no­ïed oor die al­ge­meen vin­ni­ger her­laai as die mees­te GS-tot-GS-stel­sels. Die GS-tot-GS­stel­sel sal eg­ter met­ter­tyd in­haal en 100% van die bat­te­ry­krag her­stel. Maar dié re­sul­ta­te sal weer af­hang van die soort bat­te­ry wat jy ge­bruik. As die stroom­span­ning min­der as 13,5V is, sal die re­sul­ta­te ver­skil, en sal dit (weer eens) deur die bat­te­ry­soort be­ïn­vloed word.

On­ge­luk­kig lei bo­ge­noem­de tot meer vrae as ant­woor­de, wat jou nie help as jy ’n dubbelbattery-laai­er koop nie. Boon­op weet die mees­te ei­e­naars nie wat die spe­si­fie­ke stroom­span­ning van hul­le voer­tuig se al­ter­na­tor is nie.

Daar­om, pleks van be­spie­gel, kom ons be­gin met die din­ge wat jy wel weet – hoe­veel geld jy het en hoe lank jy ge­woon­lik op die pad deur­bring. Dit is ui­ter­aard die be­gin­punt, en dit hou met twee din­ge ver­band: die prys van die dubbelbattery-laai­er en die prys van die bat­te­ry. Soos reeds ge­noem, al die na­vor­sings­da­ta wat Na­ti­o­nal Lu­na oor dubbelbattery-laai­er in­ge­sa­mel het, wys na een feit wat soos ’n paal bo wa­ter staan: Die stel­sel se le­we­ring word hoof­saak­lik deur die bat­te­ry be­paal.

Dit maak geen sin om R10 000 te be­stee op ’n laai­er, en dit dan aan die ver­keer­de soort bat­te­ry te kop­pel nie. Maar ont­hou, die toe­pas­sing be­paal ook die keu­se van bat­te­ry.

Na­ti­o­nal Lu­na se raad was nog al­tyd: Koop die bes­te bat­te­ry wat jy kan be­kos­tig! In die mees­te ge­val­le sal dit ’n dro­ë­sel-EV-trak­sie-bat­te­ry wees. Dis aan­sien­lik duur­der as ’n (nat­sel-) diep­si­klus­bat­te­ry, maar die le­we­ring sal wis­sel. Dit is soos om die veld­ry­ver­moë van ’n Land Crui­ser 70 met dié van ’n RAV4 te ver­ge­lyk.

RYTYD

Dees­dae het voer­tuie wyd uit­een­lo­pen­de al­ter­na­tor­stroom­span­nings, maar kom ons hou dit een­vou­dig en ver­ge­lyk die le­we­ring van ’n ge­wil­de 20 amp GS-tot-GS-laai­er met ’n so­le­no­ïed­stel­sel, met ’n al­ge­me­ne sce­na­rio waar­in:

’n Dro­ë­sel­bat­te­ry van 140 amp ge­bruik word Die voer­tuig se al­ter­na­tor ti­pies 13,7V le­wer Die rytyd 6 uur of min­der is

Die on­der­ste gra­fiek wys die her­laai­koers van ’n so­le­no­ïed­stel­sel, in ver­ge­ly­king met ’n 20 amp GS-tot-GS-stel­sel.

Die bat­te­ry is ont­laai tot 110 Ah (by­na 80%). Jy sal op­merk dat die so­le­no­ïed­stel­sel aan­vank­lik goed vaar, maar la­ter neem die voor­de­le van ’n so­le­no­ïed­stel­sel af en be­gin die GS-tot-GS-laai­er ’n ho­ër fi­na­le stroom­span­ning le­wer.

GS-tot-GS-laaiers word dik­wels be­mark en ver­koop as be­ter stel­sels (met ho­ër am­pè­re­le­we­ring), maar uit ’n prak­tie­se oog­punt vaar die so­le­no­ïed­stel­sel in die eer­ste 6 uur – wan­neer dit saak maak! – aan­sien­lik be­ter as die 20A GS-tot- GS-laai­er.

Die mees­te van ons ry nie lan­ger as 6 uur per dag wan­neer ons op va­kan­sie in die bos is nie, en dit is die tyd waar­in die so­le­no­ïed­stel­sel meer krag her­laai as die 20 Amp GS-tot-GS-laai­er.

Daar is na­tuur­lik GS-tot-GS-laaiers met ho­ër stroom­gra­de­rings be­skik­baar, maar hul­le kos aan­sien­lik meer.

Om op te som: As die al­ter­na­tor­stroom­span­ning la­er is as 13,5 V, vaar die GS-tot-GS­stel­sel be­ter, maar na­ma­te die stroom­span­ning toe­neem, word die voor­de­le van ’n so­le­no­ïd­stel­sel al hoe dui­de­li­ker.

Dink daar­aan as die re­sies tus­sen die ha­sie en die skil­pad. Die skil­pad wen dalk, maar net as hul­le oor ’n lang af­stand mee­ding. Oor die kor­ter af­stan­de vaar die ha­sie be­ter.

Wat ons te­rug­bring by die vraag wat­ter stel­sel be­ter is. Ont­hou: Dit sal be­paal word deur jou be­gro­ting en jou voer­tuig-op­set.

Na­ti­o­nal Lu­na glo (op grond van bo­ge­noem­de voor­beeld), dat die bes­te waar­de vir geld ge­bied word as jy ’n AGM (dro­ë­sel)-EV-trak­sie­bat­te­ry kom­bi­neer met ’n be­kos­tig­ba­re (en me­ga­nies ui­ters be­trou­ba­re) so­le­no­ïed­stel­sel, en ook ’n ho­ë­ge­hal­te 220V-in­stand­hou­dings­laai­er by­voeg.

So ’n kom­bi­na­sie sal die bes­te her­laai­tyd ver­se­ker, en met­ter­tyd die mak­si­mum bat­te­ry­le­we en pres­ta­sie ver­se­ker.

Wat my by ons laas­te punt b­ring: On­ge­ag wat­ter dubbelbattery-laai­er jy ge­bruik, ons be­veel aan dat jy jou ek­stra bat­te­ry dik­wels aan ’n 220Vin­stand­hou­dings­laai­er kop­pel in die maan­de wat jy dit nie ge­bruik nie.

Ten­sy jy vir lang tye (lan­ger as 18 uur op ’n slag) op die pad is, is dit on­waar­skyn­lik dat jou ek­stra bat­te­ry ooit 100% her­laai sal word – maak nie saak wat­ter dub­bel­bat­te­ry­laai­er jy ge­bruik nie. Dan het jy ’n in­stand­hou­dings­laai­er no­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.