CRAIG GISSING

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

Ni­kon D810 Ni­kon 200-500 mm-lens

CRAIG SKRYF: Ek het dié fo­to in die E­tosha- na­si­o­na­le park in Na­mi­bië ge­neem. Hier­die swart­re­nos­ter het by ’n wa­ter­gat ge­drink en was op pad te­rug bos­se toe.

Die hoek waar­teen ek my kar ge­trek het – ten op­sig­te van die re­nos­ter – was ge­skik vir ’n fo­to teen by­na oog­hoog­te. Ek wou meer van die gras in die voor­grond in­sluit by die fo­to om die re­nos­ter be­ter te laat uit­staan in die land­skap.

TO­AST SÊ: Craig het op ’n sub­tie­le ma­nier slim te werk ge­gaan. Die om­ge­wing waar­in jy die­re af­neem, is nie al­tyd “per­fek” nie. Soms is daar daai “ir­ri­te­ren­de” stomp wat rég voor die leeus uit­steek en jou he­le fo­to be­foe­ter. Jou kom­po­si­sie kan mak­lik “deur­me­kaar” of te be­sig be­gin lyk wan­neer daar din­ge soos strui­ke, klip­pe of ter­miet­ho­pe in jou raam ver­skyn wat die aan­dag van jou hoof­voor­werp kan aftrek.

Dis hier waar el­ke fo­to­graaf op sy of haar voe­te (of in die kar­sit­plek...) moet dink. Kyk na al die e­le­men­te tot jou be­skik­king, en be­sluit wat­ter de­le daar­van jy in jou raam wil in­sluit en wat­ter nie. In­dien die lug niks noe­mens­waar­dig gaan by­dra tot die im­pak van jou fo­to nie (by­voor­beeld as dit die dag vaal van die stof is, of heel­te­mal grys met lae wol­ke), sny dit een­vou­dig uit.

Dís wat Craig hier ge­doen het. Deur die re­nos­ter net met die gras te om­ring staan dit be­ter uit en ver­toon mooi bin­ne die by­na een­vor­mi­ge kleur­pa­let (als van bruin tot ka­kie).

Maar dis nie al nie. Twee an­der din­ge­tjies help ook om die bui­te­ly­ne van die re­nos­ter te ver­sterk. Die rug en kop van die dier lyk nat (se­ker ’n bie­tjie in die mod­der ge­rol) – dít laat die vel daar don­ker­der lyk, wat be­ter uit­staan. Die on­der­ste helf­te van die re­nos­ter is weer vol sag­te ska­du­wees – ek sou raai dit was ’n be­wolk­te dag – en dit sorg ook dat die re­nos­ter se i­ko­nie­se bui­te­ly­ne meer pro­mi­nent is teen die va­ler gras.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.