CHRIS TARRY

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

Ca­non 700D Ca­non 18-55 mm-lens

CHRIS SKRYF: Ek het dié fo­to ver­le­de win­ter by die Riet­vlei­dam na­by Pretoria ge­neem. Ek wou oe­fen om ak­sie­fo­to’s van vo­ëls te neem, maar die ge­luk was nie aan my kant nie.

Met my 18-55 mm-lens se wy­er hoek kon ek dié land­skap vas­vang. Dis dalk on­der­be­lig, en die ho­ri­son skeef, maar ek hou daar­van! TO­AST SÊ: Die bes­te fo­to staar jou dik­wels in die ge­sig ter­wyl jy wag vir iets om te ge­beur, of in­ge­zoem sit op klei­ner de­tails soos ’n vo­ël se sna­wel of dier se snoet. Die mees­te van ons be­soek re­ser­va­te om ons na­tuur­le­we­fo­to­gra­fie te oe­fen, maar dis mak­lik om te ver­geet van land­skap­fo­to’s.

Die land­skap­pe waar­bin­ne die­re en vo­ëls be­weeg, nes­maak, kos soek en leef is net so boei­end, en in Suid-Afrika het ons so­veel ver­skil- len­de ha­bi­tats waar­bin­ne hier­die wil­de die­re flo­reer – van woud tot woes­tyn. Ons is eint­lik be­derf!

Die sag­te, mis­ti­ge weer­kaat­sing is die fo­to se bes­te ei­en­skap – dit b­ring ’n ge­voel van kalm­te oor jou net om na die to­neel te kyk.

Be­hal­we vir die ge­nu­an­seer­de blou kleu­re is daar min an­der kleur te be­speur in die fo­to.

Hier­die by­na mo­no­chroom to­neel sal ook goed werk as ’n swart-wit fo­to. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.