FRANS LOMBARD

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

Ca­non 5D Mk. III Ca­non 400 mm-lens

FRANS SKRYF: Ons het dié lui­perd – sy naam is N!xau – laat­mid­dag by die Cu­bitje Qu­ap-wa­ter­gat na­by Nos­sob ge­sien. N!xau was blyk­baar die og­gend ook by dié wa­ter­gat, maar ons was toe el­ders.

Die nuus het ver­sprei, en in ’n sta­di­um was daar 14 voer­tuie by die wa­ter­gat, want al­mal het ge­hoop om N!xau te ge­waar.

Teen ses­uur het die mees­te ou­ens te­rug kamp toe be­gin ry om so­lank hul­le braai­vleis­vuur aan te steek – en N!xau het kort hier­na sy ver­sky­ning ge­maak.

Ek en ’n vriend was twee we­ke K­gala­ga­di toe, spe­si­fiek om fo­to’s te neem. Dit was my eer­ste be­soek aan die K­gala­ga­di­oor­grens­park – die land­skap is baie meer oop as in die Kru­ger­wild­tuin, wat dit mak­li­ker maak om wild­fo­to’s te neem.

Ons het el­ke dag pro­beer om eer­ste by die kamp weg te kom, en die bes­te po­si­sie by ’n wa­ter­gat in te neem.

Wan­neer daar min die­re was, het ons ons oog skerp ge­hou deur die vo­ëls af te neem. Ons het by die wa­ter­gat ge­bly tot­dat die son te hoog sit en is dan kamp toe vir ’n laat­ont­byt en ’n mid­dag­sla­pie. Teen 4 nm. is ons weer uit vir die laat­mid­dag-fo­to­ses­sie.

S­port­fo­to­gra­fie was al­tyd my eer­ste lief­de, maar die wild­fo­to­gra­fie­g­og­ga het my ook nou ge­byt!

TO­AST SÊ: Die K­gala­ga­di is ’n wil­der­nis wat jou by­bly – en ’n trek­pleis­ter vir na­tuur­le­we­fo­to­gra­we.

Jy sien ge­reeld groot roof­die­re soos leeus, jag­lui­perds en lui­perds, en die ter­rein maak dit re­la­tief mak­lik om goeie fo­to’s te neem.

Hoe­wel N!xau se po­te hier ef­fens ag­ter die wa­ter­gat se klip­rand ver­steek is, gaan dit hier eer­der oor die kop – en ver­al daai gloei­en­de geel oog. Die laat­mid­dag­lig maak vuur reg­oor die he­le to­neel, en Frans se ge­duld is ryk­lik be­loon.

Ek hou ook van die kuns­ti­ge krul van die stert, wat op net mooi die per­fek­te plek in die lug hang.

Frans, ek neem aan jy’ t reeds weer K­gala­ga­di-plek vir 2017 be­spreek? Sien jou ie­wers in die win­ter by ’n wa­ter­gat...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.