STU BOWIE

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

Ca­non 1D Mk. IV Ca­non 300 mm (met ’n 1.4x-om­set­ter)

STU VER­TEL: Ek is al­tyd op die uit­kyk vir dié witrei­ers om­dat hul­le daar­van hou om op die rûe van die se­bra ster y by die Riet­vlei­na­tuur­re­ser­vaat, waar ek hier­die fo­to ge­neem het.

Die rei­er­tjie het pas sy ver­e­dos skoon­ge­maak en ek het een van sy los veer­tjies vas­ge­vang ter­wyl dit weg­waai.

Riet­vlei is na­by Pretoria en ek sorg dat ek al­tyd vroeg daar is – juis om­dat die rei­ers sog­gens meer ak­tief is. Vir hier­die fo­to het ek s­ta­dig na­der aan die se­bras ge­ry so­dat hul­le nie skrik nie. Ek het my kar só ge­par­keer dat die lig reg is – van di­rek ag­ter my af. Die son het vol op die se­bra en die rei­er ge­val.

Nou was ek ge­reed vir ak­sie, ver­skuil bin­ne my kar wat net so goed soos ’n vo­ël­s­kui­ling is. Ek het die hand­mo­dus ge­bruik om be­heer oor my ver­stel­lings soos slui­ter­spoed en lens­o­pe­ning te be­hou. Dit help my om die moei­li­ke be­lig­ting te be­heer – met ou­to­mo­dus is dit mak­lik om per on­ge­luk die wit van die ve­re te oor­be­lig. TO­AST SÊ: Stu se fo­to is nog ’n net­jie­se voor­beeld van hoe jy met kre­a­tie­we raam­werk en ’n oog vir de­tail ’n tref­fen­de fo­to uit skyn­baar niks kan skep.

Deur ver in te zoem kon hy die mees­te van die se­bra uit­sny. Nou fo­kus hy ons aan­dag net op die deel daar­van wat saak maak. Die stre­pies­rug van die se­bra ver­vul twee funk­sies: Dit ver­skaf eer­stens die plat­form waar­op die rei­er sit, en dra twee­dens die wit-en-swart kleur­spel by wat in ’n vi­su­e­le ge­sprek tree met die wit kleur van die rei­er.

Maar son­der om nou té ho­ër- graad te klink: Die wit vo­ël lyk een­vou­dig ou­gat so bo-op die witen-swart se­bra!

Stu was slim om hier die hand­ver­stel­mo­dus te ge­bruik. Jou ou­to­mo­dus maak mak­lik ’n fout met die be­lig­ting wan­neer jy ’n baie hel­der wit in jou fo­to het.

Kyk hoe­veel hel­der­der die Omo-wit van die rei­er se ve­re is as die vuil­wit van die se­bra se stre­pe. Dit is be­lang­rik om die be­son­der­he­de in die hel­der­wit ve­re te be­hou – met selfs ’n ef­fen­se oor­be­lig­ting van die ve­re sal die fyn veer­tjies daar ver­dwyn in ’n waas van wit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.