Pas­ta met ro­me­ri­ge bot­ter skor­sie­sous

VIR DIE PAS­TA

Weg! - - Kuierkos - 4 Le­wer 60 pan­ne­koe­kies Voor­be­rei­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te Vir 6 Voor­be­rei­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 25 mi­nu­te 2

Vir 6 Voor­be­rei­tyd 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te Dié sous is mak­lik – gooi al­les in die pot en kook dit! Jy kan dit oor pas­ta gooi óf net so as ’n sop voor­sit.

Jy be­no­dig

VIR DIE SOUS/SOP

• 4 eet­le­pels bot­ter • 10 vars sa­lie­bla­re • 500 g bot­ter­skor­sie, in

blok­kies ge­sny • 1 ui, ge­kap • 1½ kop­pie (375 ml)

hoen­der­af­trek­sel • ge­maal­de swart­pe­per • sout • ½ kop­pie room

• 500 g pen­ne-pas­ta • ½ kop­pie room • 125 g moz­za­rel­la, ge­ras­per • 50 g par­me­saan • 250 g vark­wor­sies,

ge­braai (op­si­o­neel)

Só maak jy

1 Ver­hit die bot­ter in ’n groot ka­strol tot­dat dit be­gin bor­rel en voeg die sa­lie by. Roer dan die bot­ter­skor­sie, ui en af­trek­sel daar­by en geur dit na smaak met swart­pe­per. Laat dit vir so­wat 20 mi­nu­te son­der ’n dek­sel prut tot die bot­ter­skor­sie sag is.

2 Pols die bot­ter­skor­sie met ’n staaf­men­ger fyn tot­dat jy ’n dik sous het. Roer die room by. Proe en geur dit na smaak met sout en swart­pe­per. Dis nou ge­reed as ’n sop.

3 Maak die pas­ta Ver­hit die oond tot 200 ºC. Kook die pas­ta in­tus­sen in wa­ter met ’n bie­tjie sout vir 5 mi­nu­te en drei­neer dit. Gooi die pas­ta in ’n oond­bak en skink die bot­ter­skor­sie sous bo-oor. Voeg die room, die helf­te van die ka­se en die wor­sies by en roer dit goed deur. Sprin­kel die oor­bly­wen­de kaas bo-oor.

Bak die pas­ta vir 10-15 mi­nu­te tot goud­bruin. (Of vries die on­ge­bak­te pas­ta vir la­ter – laat dit net eers goed ont­dooi voor­dat jy dit bak.)

Ha­wer­mout­pan­ne koek­meng­sel

Een keer se moei­te sorg vir ’n week se spog­ge­ri­ge ont­by­te. Bê­re die meng­sel in die ys­kas en voeg net el­ke og­gend ’n ei­er en ’n kop­pie melk by die bie­tjie wat jy wil ge­bruik – dis so mak­lik soos roer­ei­er maak! Sit die pan­ne­koe­kies warm voor met heu­ning of ka­ra­mel. Sou­ti­ge vul­sels soos room­kaas en ge­rook­te salm smaak ook lek­ker.

Jy be­no­dig VIR DIE BÊREMENGSEL (le­wer 10 kop­pies)

• 2½ kop­pies ge­rol­de ha­wer­mout (die ge­wo­ne soort en nié kits­ha­wer­mout nie) • 3 kop­pies vol­graan­meel • 2½ kop­pies brood­meel • ¼ kop­pie lig­te­bruin­sui­ker • 1 eet­le­pel koek­so­da • 1 eet­le­pel bak­poei­er • 1 eet­le­pel grow­we sout • 1 kop­pie o­lyf­o­lie

VIR ’N BAKSEL (le­wer 6-8 pan­ne­koe­kies)

•1 kop­pie pan­ne­koek

bê­re meng­sel • 1 kop­pie kar­ring­melk (ge­wo­ne

jo­gurt of melk werk ook) • 1 groot ei­er • bot­ter vir braai

Só maak jy

1 Maak die bêremengsel Pols die ha­wer­mout in ’n voed­sel­ver­wer­ker fyn en gooi dit saam met die res van die droë be­stand­de­le in ’n e­lek­trie­se men­ger met ’n K-haak. Ska­kel die men­ger aan en skink die o­lyf­o­lie s­ta­dig in ’n dun straal­tjie by tot­dat dit heel­te­mal ge­meng is.

2 Bê­re die meng­sel in ’n lug­dig­te hou­er of Zi­ploc-sak­kies. Bui­te die ys­kas sal dit vir 3 we­ke goed hou, en ver­koel selfs tot 6 we­ke. Óf vries die meng­sel in kop­pie­groot­te por­sies om te ge­bruik soos no­dig.

4 Bak die pan­ne­koek Meng die droë meng­sel, kar­ring­melk en ei­er saam. (Gooi ’n ek­stra knip­pie sout by in­dien jy ’n sou­ti­ger pan­ne­koek ver­kies.) Laat staan die deeg vir 5 mi­nu­te om ’n bie­tjie te ver­dik – in­dien jy dit met ge­wo­ne melk maak, moet jy dit vir 10 mi­nu­te laat staan.

2 S­melt ’n klont­jie bot­ter in ’n pan en skep twee eet­le­pels van die meng­sel per pan­ne­koe­kie daar­in. Braai dit tot goud­bruin aan die on­der­kant voor­dat jy die pan­ne­koek om­dop en die an­der kant ook vin­nig ’n kleur­tjie gee. Ge­bak­te ta­ma­tie en fe­ta Hier­die pan­ge­bak­te kaas-en-ta­ma­tie maak die lek­ker­ste braai­by­kos of ve­ge­ta­rie­se hoof­ge­reg. Ver­hit die oor­skiet die vol­gen­de og­gend in ’n pan en bak ’n ei­er daar­in. (In Noor­dA­fri­ka en die Mid­de-Oos­te word hier­die ge­reg shaks­hu­ka ge­noem.)

Jy be­no­dig

• 600 g ker­sie­ta­ma­ties • 1 blik­kie (400 g) ke­ker­ert­jies • 1 heel knof­fel­bol, • 400 g fe­ta • ’n paar stok­kies tie­mie of ’n hand

vol ba­si­lie­bla­re • 1 eet­le­pel sui­ker • 5 eet­le­pels o­lyf­o­lie • 1 suur­le­moen, in dun

sky­fies ge­sny

Só maak jy

1 Voor­ver­hit die oond tot 200 ºC. Sny die ker­sie­ta­ma­ties mid­del­deur en sprei dit saam met die ke­ker­ert­jies in ’n en­kel­laag op ’n bak­plaat uit. Sny die knof­fel­bol ho­ri­son­taal mid­del­deur en plaas dit saam met die fe­ta en tie­mie op die bak­plaat. Sprin­kel die sui­ker en o­lyf­o­lie oor en pak die suur­le­moen­sky­fies bo-op.

Bak die ta­ma­ties vir 20-30 mi­nu­te. Jy kan die pan half­pad deur ’n skud gee om die ta­ma­ties ’n bie­tjie om te draai, maar pas­op dat die fe­ta nie breek nie.

Sit dit saam met brood voor as ’n ve­ge­ta­rie­se maal­tyd – en die oor­skiet is mô­re­og­gend se ont­byt. >

Ha­wer­mout-pan­ne­koek­meng­sel

Pas­ta met ro­me­ri­ge

bot­ter­skor­sie­sous

Ge­bak­te ta­ma­tie en fe­ta

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.