Ge­bak­te toe­brood­jies

Weg! - - Kuierkos -

Vir 6 Voor­be­rei­tyd 15 mi­nu­te

plus rus­tyd

Gaar­maak­tyd 30 mi­nu­te Fran­se roos­ter­brood klink al­tyd na moei­te om­dat ’n mens die brood­jies so een-een moet staan en bak en daar al­tyd spat­sels ei­er­meng­sel die stoof vol lê. Dié me­to­de is min­der mor­sig en daar is boon­op ’n ver­ras­sen­de vul­sel bin­ne-in die brood­jie.

Jy be­no­dig

• 4 eet­le­pels bot­ter (plus ek­stra om

die bak te smeer) • so­wat 12 snye brood van

jou keu­se • 6 snye ham • 12 snye ched­dar • 1 ta­ma­tie, in sky­fies ge­sny • 5 ei­ers • ¼ kop­pie melk of room • 3 eet­le­pels Di­jon-mos­terd • ’n knip­pie sout • ’n knip­pie ge­maal­de swart­pe­per

Só maak jy

1 Smeer ’n bak van 33 x 23 cm met bot­ter. Ge­bruik die 4 eet­le­pels bot­ter om el­ke brood­sny aan die een kant te smeer.

2 Pak ’n laag brood­snye met die bot­ter­kant na on­der in die bak. Pak die ham, kaas en ta­ma­tie bo-op, ge­volg deur nog ’n laag brood­snye met die bot­ter­kant na bo.

3 K­lits die ei­ers, melk, mos­terd, sout en pe­per goed saam en skink dit oor die brood. Be­dek die bak met kleef­plas­tiek en laat dit oor­nag in die ys­kas staan so­dat die ei­er kan in­trek.

4 Ver­hit die oond tot 180 ºC en bak die brood­jies vir 30 mi­nu­te. Sny dit soos ’n qui­che in por­sies en sit dit vuur­warm voor met slaai, of laat die sky­we af­koel en pak dit in vir pad­kos.

Ge­bak­te toe­brood­jies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.