Wyn wat al­les pas...

Weg! - - Kuierkos -

Ek het dik­wels oor­skiet­kos, maar sel­de oor­skietwyn... Ek won­der hoe ge­beur dít?! Dalk is dit om­dat die wy­ne wat ek kies, ge­woon­lik veel­sy­dig is en by die mees­te pa­let­te pas – dit hou dus al my gas­te ge­luk­kig. Hier is drie sul­ke tref­fers wat by so te sê el­ke kos­kom­bi­na­sie pas.

’n De­li­ka­te ge­hou­te char­don­nay is al­tyd ’n goeie keu­se saam met kos. So­lank jy dit rus­tig vat met die ei­ke­hout, be­hoort die mees­te wyn­lief­heb­bers hier­van te hou. Ek ge­niet die F­leur du Cap Un­fil­te­red Char­don­nay 2015 (R119) saam met al­ler­lei ge­reg­te. Die “on­ge­fil­treer­de” deel be­te­ken die wyn­ma­ker het die wyn na­tuur­lik laat af­sak. So­doen­de be­hou dit meer smaak en word die ei­ke­hout­deel tot ’n mi­ni­mum be­perk. Heer­lik.

Die Swart­land Li­mi­ted Re­le­a­se Rous­san­ne 2015 (R55) is ef­fen smeer on­ge­woon, maar net­so lek­ker. Die rous­sa­ne­va­ri­ë­teit kom uit die R­hô­ne­val­lei in Frank­ryk, waar dit langs meer be­ken­de druif­soor­te soos sy­rah, vi­og­nier en gre­na­che ver­bou word. Hier­die is ’n uit­ste­ken­de rous­sa­ne (en goeie waar­de vir geld!), vol de­li­ka­te per­ske­geu­re en ’n vars, suur­le­moen­ag­ti­ge smaak. Dit werk goed saam met e­ni­ge vis-, hoen­der- of vark­ge­reg.

As dit by rooi­wyn kom, soek ’n mens iets wat sag en sap­pig is, maar ge­noeg lyf het om kos te kan han­teer. Vir my werk ver­snit­te die bes­te. Pro­beer die Mu­ra­tie Melck’s Red 2014 (R95) – ’n won­der­li­ke kom­bi­na­sie van shi­raz, ca­ber­net sau­vig­non en mer­lot, met ’n on­der­toon van sub­tie­le ei­ke­hout en spe­se­rye. Dis al­les wat ’n mens soek in ’n rooi­wyn. Ek dink eer­lik­waar nie daar is e­ni­ge kos wat nié hier­by pas nie! S­te­ak, tjop­pies, groen­te, kaas... Pro­beer dit – jy sal nie spyt wees nie.

– Cathy Mar­ston

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.