GETOETS

Gar­min Vi­rb X

Weg! - - Toerusting -

As jou stok­ou vi­de­o­ka­me­ra ge­daan en jy op die uit­kyk is vir ’n nuwe ak­sie­ka­me­ra wat ho­ë­re­so­lu­sie­vi­deo’s neem, oor­weeg ge­rus die Gar­min Vi­rb.

Dié ka­me­ra is i­de­aal vir berg­fiets­ry­ers wat nie bloot hul­le rit wil ver­film nie, maar ook in­lig­ting soos swaar­te­krag­le­sings, ver­snel­ling, hoogte bo see­spie­ël, spoed en GPS-roe­tes wil op­neem. Jy kan oor hart­klop­mo­ni­tors, ek­stra mi­kro­fo­ne, rit­me­sen­sors ( ca­den­ce), ter­mo­me­ters en ’n le­gio an­der toe­stel­le daar­aan kop­pel.

So­dra jy ge­reed is om jou vi­deo te re­di­geer, kan jy ál die in­lig­ting wat jy ver­sa­mel het, in die vorm van deur­sig­ti­ge, be­we­gen­de gra­fie­ke bo-oor die beeld­ma­te­ri­aal ver­toon. As jy be­hen­dig met re­ke­naars is, kan jy ook jou eie gra­fie­ke ont­werp of ie­mand an­ders s’n gra­tis van die in­ter­net af laai.

Die ka­me­ra neem ook 12 me­gaspik­kel­fo­to’s teen 10 raam­pies per se­kon­de en is wa­ter­dig tot op 50 m son­der om ’n huls te ge­bruik.

As jy reeds ’n stok­ou GoPro be­sit, is daar goeie nuus: Feit­lik al­le GoPro-toe­be­ho­re pas op die Gar­min Vi­rb. Jy hoef dus nie van voor af mon­teer­stuk­ke en sel­f­ie­stok­ke te koop nie. Lek­ker! GE­WIG 163 g AFMETINGS 77 (l) x 37 (b) x 62 mm (h) Prys R6 000 by shop.gar­min.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.