N6-pad­stal, Red­ders­burg

Weg! - - Dis Na­week Eet Hier - Wil­lem van der Berg >

Langs die N6 wat deur dié k­lein Vry­staat­se dor­pie loop, wink ’n hel­der­kleu­ri­ge wind­pomp­wiel jou na­der met be­lof­tes van moer­kof­fie, heu­ning, naald­werk, bil­tong en dro­ë­vrug­te. Saam met die wind­pomp­wiel lê ’n klom­pie boer­pam­poe­ne op die pad­stal se stoep­dak. En by die voor­deur groet ’n hout­bord­jie: “’n Moer­se wel­kom aan al ons kas­te­mers”.

Dis pu­re plat­te­land­se gas­vry­heid dié­kant van die land. Wat jy nie hier ver­wag nie, is die ou­li­ke kwe­ke­ry. Tus­sen die plan­te en on­der die ska­du­net is ta­fel­tjies met sam­bre­le waar jy kan uit­span en iets kry om te eet of drink. Be­stel die mixed grill met ste­ak, ’n wors­rol­le­tjie, ei­ers en sky­fies (R60) of eet op ’n Son­dag ’n bord boe­re­kos (R80). Die per­so­neel spog met hul­le sjo­ko­la­de­melk­skom­mel (R25), maar die gem­mer­bier is ook heer­lik.

En dan is die af­trek­plek ver­al be­kend vir sy melk­tert (na­tuur­lik!). Die pad­stal het eers ’n melk­tert­kom­pe­ti­sie in die kon­trei ge­hou om die bes­te re­sep te vind, en dees­dae word dit vol­gens die Red­ders­bur­ger An­na­tjie du Plooy se wen­re­sep ge­bak (wat sy glo som­mer van Google af ge­kry het!). Maar hy smaak wrag­gies vo­ren­toe. Jou por­sie hier by N6 is nie ’n sny nie, maar ’n mi­ni-melk­tert­jie (R5). Dit smaak pre­sies soos die melk­tert waar­na jy ver­lang het – ’n ste­wi­ge en bros kors met die vul­sel 100% styf ge­noeg en smaak­lik, en net mooi ge­noeg ka­neel son­der om jou neus­ga­te te kie­lie. Vat ’n groot melk­tert (R40) huis toe.

Hon­de is wel­kom en jy kan selfs tuis­ge­maak­te hon­de­koe­kies vir Wag­ter koop. En daai boe­ke wat jy nie meer wil hê nie, kan jy hier los – die pad­stal ver­koop dit en skenk die geld aan die ou­e­te­huis op die dorp. Maar wat die N6-pad­stal reg­tig ’n plek so na my hart maak, is dat hier al­tyd ie­mand is wat pan­ne­koek bak. Waar? Reg langs die N6 (Van Rie­beeck­straat) wat deur Red­ders­burg loop. Oop El­ke dag van 7.30 vm. tot 5.30 nm. (ge­sluit op Kers­dag en Goeie Vry­dag). Kon­tak 071 578 3834; N6 Pad­stal op Fa­ce­book.

SPOG­SPAN (links). Hier staan An­na­tjie du Plooy, Ger­da Kru­ger, Ber­nard Ros­souw, T­ha­ri­na Jou­bert (ei­e­naar), El­na Bar­nard en Mag­da Lin­ger­fel­der met een van die N6-pad­stal se smaak­li­ke melk­terte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.