Kam­bro-pad­stal, N12

Weg! - - Dis Naweek Eet Hier - – Wil­lem van der Berg

Die N12 is ’n lek­ker al­ter­na­tie­we roe­te tus­sen Gau­teng en die Wes-Kaap. Die pad is mooi en jy gaan baie min­der ver­keer kry as op die N1. Maar hier is na­tuur­lik ook min­der aftrek- en eet­plek­ke.

Op die oop Ka­roo­vlak­te tus­sen S­try­den­burg en B­rit­stown wag die Kam­bro-pad­stal eg­ter soos ’n o­a­se. Groot bo­me gooi don­ker ska­du­wees oor groen gras waar jy ’n bie­tjie op jou rug kan gaan lê of een van Kam­bro se pas­teie kan eet. Kies tus­sen lam, spring­bok of hoen­der. Maar be­stel som­mer die Kam­bro S­pe­ci­al en kry klaar: ’n pas­tei, sky­fies én slaai vir R60.

In die pad­stal se lug­ver­koel­de re­stau­rant is ’n groot ver­skei­den­heid op die spys­kaart met goeie Ka­rootref­fers soos kai­ings op brood (R45 vir 100 g), skaap­tjops (R80) en gem­mer­bier (R15). En wan­neer laas het jy ’n flo­at met Co­ke of C­re­me So­da (R24) ge­drink? As jy jou

melk­tert son­der ’n dik kors ver­kies, ry Kam­bro toe. Hier kry jy hom met die dun­ste van dun kor­sies wat sorg dat jou aan­dag nie van die vul­sel af­ge­trek word nie (R15 vir ‘n sny). ’n Koue bier of wyn­tjie is ook be­skik­baar en ’n nuwe toe­voe­ging tot die pad­stal is die la­pa met sy groot braai­plek.

In die pad­stal self is hor­des self­ge­maak­te pro­duk­te. Soos turks­vy­stroop, ker­sies-op-wit­blits, kwe­per­jel­lie, al wat ’n soort kon­fyt is, sui­ker­lol­lies, in­ge­leg­de vrug­te, kin­der­speel­goed en kle­re. Ont­hou, jy kan ook by Kam­bro oor­slaap. Hier is self­sor­ghui­sies en kamp­plek. Maar die heel lek­ker­ste ver­ras­sing is die ys­li­ke swem­dam met sy vars, koel boor­gat­wa­ter. As jy in die so­mer hier ver­by­kom, gaan ’n vin­ni­ge dip die pad som­mer baie kor­ter maak! Waar? Reg langs die N12, 20 km noord van B­rit­stown. Oop Daag­liks van 7 vm.-5 nm. (ge­sluit op Kers­dag). Kon­tak 053 672 0408; kam­bro­ac­com.co.za

Di­a­mon­dT-kof­fie-en-ge­skenk­win­kel, A­skham

BAAS VAN DIE PLAAS. Wil­ma S­trauss is die ei­e­naar van die Kam­bro-pad­stal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.