DOEN DIT

Weg! - - Grahamstad Dorp -

Vat ’n stap­pie

Hou by die G­rey­dam stil en loop met die twee­spoor­pad op, volg die bord­jies na die to­poskoop. ’n To­poskoop is ’n mer­ker – ge­woon­lik by die hoog­ste plek in ’n ge­bied – wat in die rig­ting van be­lan­ge­pun­te wys. Hier­die een wys die af­stan­de en rig­tings na om­lig­gen­de dor­pe. Dis ’n ga­we plek vir ’n piek­niek en om die uit­sig oor Gra­ham­stad in ’n oos­te­li­ke rig­ting (see toe) te waar­deer. Dis so­wat 5 km se stap heen en weer.

Loer in by ’n mu­seum

Die Ob­ser­va­to­ry Mu­seum (Bat­hur­st­straat 10;

046 622 2312) is ’n u­nie­ke vie­ring van die Vic­to­ri­aan­se le­wens­wy­se. Hier is in­te­res­san­te uit­stal­lings wat te­rug­da­teer na die dae van die vroeg­ste di­a­mant­jag­ter, maar wat my die mees­te ge­boei het, was ’n oor­spronk­li­ke ca­me­ra obscu­ra – dit was lank die e­nig­ste een in die Sui­de­li­ke Half­rond. Dié slim spie­ël­stel­sel weer­kaats die wê­reld rond­om tot op ’n ta­fel so­dat jy ’n o­gie oor die dorp kan hou. Toe­gangs­ta­rief: R10.

By The Eas­tern Star Mu­seum (Ang­lo A­fri­can­straat 4; 046 622 7042) kan jy meer leer oor die ge­skie­de­nis van een van Gra­ham­stad se eer­ste koe­ran­te – dis gra­tis. Die eer­ste uit­ga­we van The Eas­tern Star het in 1871 ver­skyn en dit be­staan steeds in Jo­han­nes­burg as The Star. In die 19de eeu was Gra­ham­stad die tuis­te van die En­gel­se druk­pers – dit het in ’n sta­di­um 14 koe­ran­te on­der­steun!

Pos ’n brief in ’n ou pos­bus

Die ou­li­ke rooi pos­bus op die hoek van Bat­hur­sten So­mer­set­straat word al se­dert ten min­ste 1860 ge­bruik – dis die oud­ste wer­ken­de pos­bus in die land.

Stuur ’n brief vir ie­mand spe­si­aal. Die pos­diens het voor­heen die oor­spronk­li­ke fran­keerstem­pels ge­sit op brie­we wat hier ge­pos word. Dit word nie tans ge­doen nie, maar die toe­ris­me­kan­toor pro­beer die diens weer in ge­bruik stel.

S­waai daai se­we-ys­ter

As gholf jou ding is, be­spreek ’n rond­te by die nuwe Bel­mont-gholf­klub – ’n 18 put­jie-baan om­ring met Al­ba­ny-struik­ge­was­se (R360 vir 18 put­jies vir nie-le­de.) Waar? In die Bel­mont­val­lei, so­wat 7 km suid­oos van Gra­ham­stad. Kon­tak 079 637 8153; the­bel­mont.co.za

Doen ’n toer saam met Ba­sil Mills

Ba­sil is ’n mi­li­tê­re­ge­skie­de­nis­foen­di en lief vir boe­ke. Hy kan ’n ge­skied­kun­di­ge toer aan­pas om by jou be­lang­stel­ling te pas. My guns­te­ling is sy li­te­rê­re toer: Ter­wyl jul­le deur die stra­te stap, ver­tel hy jou al­les oor die groot skry­wers wat deur die ja­re op Gra­ham­stad ge­woon het. Jy leer ook oor die ge­skie­de­nis van die dorp. Kon­tak Bel die Na­si­o­na­le En­gel­se Li­te­rê­re Mu­seum ( 046 622 7042) en vra om met Ba­sil te praat. Die li­te­rê­re toer is gra­tis.

Be­soek ’n na­tuur­re­ser­vaat

Hier is wild­re­ser­va­te reg rond­om Gra­ham­stad. Die A­mak­ha­la-wild­re­ser­vaat is een van die bes­tes en toe­gank­lik. Dit lê net langs die N2, so­wat half­pad tus­sen Gra­ham­stad en Port E­li­za­beth ( 046 636 2750;

a­mak­ha­la.co.za). Die Groot Vyf bly hier en jy sien dalk net al vyf op ’n be­ge­lei­de wil­drit (R500-R1 000 p.p., af­han­gend van die sei­soen.)

’n Mak­ker op­sie is die T­ho­mas Bai­nes-na­tuur­re­ser­vaat, net 15 km van Gra­ham­stad af op die pad na Ken­ton-on-Sea (R343). Soek buf­fels, koe­does en an­der bok­spe­sies op ’n wil­drit, of hou piek­niek langs die Sett­lers­dam. Toe­gang kos R30 per vol­was­se­ne; R15 per kind ( 079 496 7978).

Die Ma­ka­na-bo­ta­nie­se tuin is ook ’n be­soek werd, ver­al as jy ge­du­ren­de die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees van die mas­sas wil weg­kom. Die tuin is sen­traal ge­leë (in­gang in Lu­caslaan, wat uit So­mer­set­straat draai) en toe­gang is gra­tis. >

EET HIER

Na­na­ga-pad­stal Hier­die lang­pad­staat­ma­ker is na­der aan Port E­li­za­beth, maar dis de­fi­ni­tief die moei­te werd om op pad Gra­ham­stad toe hier stil te hou. Pro­beer die vlak­vark­pas­tei (R18). Waar? By die krui­sing van die N2 en die R72. Kon­tak 041 468 0353

Red Café Eet ’n ge­son­de spi­na­sie­blaar-wrap (R55) of drink net ’n kop­pie kof­fie op die dek. Waar? Hig­hstraat 127 Kon­tak 046 622 8384

Pro­vost Café Dié kof­fie­huis is in die ou Pro­vos­t­tronk ge­leë. Ge­niet ’n kof­fie en muf­fin met ’n uit­sig oor die Ma­ka­na- bo­ta­nie­se tuin. Waar? Lu­caslaan, wat uit So­mer­set­straat draai. Kon­tak 060 489 1166

The Rat and Par­rot Hier­die dorp­sin­stel­ling is ge­wild on­der stu­den­te. Dis ’n reg­te pub met heer­li­ke piz­za – pro­beer die Ve­ge­ta­ri­an Med­ley (R81). Drink boe­tiek-tap­bier van die Fe­at­hers­to­ne-brou­e­ry – ’n nuwe plek net bui­te Gra­ham­stad. Waar? Newstraat 59 Kon­tak 046 622 5002

Saint’s Bis­tro & Inn Re­stau­rant Smul aan ’n ste­wi­ge toe­brood­jie met ca­jun­hoen­der (R72) of een van die spe­si­a­li­teit­bur­gers, soos die een met wil­de kruie en ha­lou­mi (R80). Waar? Hig­hstraat 131 Kon­tak 046 622 3007 Ca­sa de Lo­co-re­stau­ran­ten-ta­pas­kroeg Hier­die nuwe ta­pas­kroeg bied ge­reg­te met op­win­den­de geu­re en kom­bi­na­sies. Pro­beer die mos­sels met ge­roos­ter­de ba­guet­te (R65) of die be­ken­de ribste­ak met mi­so­gla­seer­sel (R154). Waar? Newstraat 36 Kon­tak 046 622 5119

Ha­ri­cots De­li & Bis­tro Dis een van die ge­wild­ste re­stau­ran­te op Gra­ham­stad. Die spys­kaart ver­an­der voort­du­rend, maar die ge­reg­te is al­tyd vars en in­no­ve­rend. Pry­se wis­sel van R60 vir ’n voor­ge­reg tot R130 vir ’n hoof­ge­reg. Waar? Newstraat 32, oor­kant The Rat and Par­rot Kon­tak 046 622 2150

BLY HIER

Hier’s heel­wat b­ly­plek op Gra­ham­stad – on­der meer om die toe­stro­ming ty­dens die kuns­te­fees te han­teer. As jy op soek is na iets spe­si­fieks, gaan kyk op die Gra­ham­stad-gas­vry­heids­gil­de se web­blad ( gra­ham­stown-ac­com­mo­da­ti­on. co.za) of bel Su­san Waugh by die Ma­ka­na-toe­ris­me­kan­toor.

046 622 3241

HIER’S ONS KEUSES

Ma­ka­na Re­sort Dié oord is op jou reg­ter­kant in G­rey­straat as jy Gra­ham­stad van die N2 af bin­ne­ry. Hier is cha­lets, kot­hui­se en ’n kamp­ter­rein met pri­va­te a­blu­sie­ge­rie­we. Hier’s twee dam­me net vyf mi­nu­te se stap van hier af waar jy kan vis­vang, swem of braai. Kos­te Va­n­af R90 p.p. vir kamp tot R495 vir twee mense in ’n cha­let. Kon­tak 046 622 2159;

ma­ka­na­re­sort.co.za

K­wam eMa­ka­na Dié b­ly­plek is in die Jo­zain­for­me­le ne­der­set­ting en word deur ’n groep vroue bestuur. Dis ’n lek­ker op­sie vir rei­si­gers (ver­al bui­te­lan­ders) op soek na ’n eg Oos-Kaap­se er­va­ring.

Ont­byt is in­ge­sluit by die ta­rief en mid­dag­e­te en aand­e­te is be­skik­baar op aan­vraag. Ver­wag hoen­der met stamp­mie­lies en bo­ne. Die hoen­der word um­le­q­wa ge­noem, en ek hoor dis “or­dent­li­ke hoen­der – nie soos die hoen­der wat jy in die su­per­mark koop nie!” Jy kan by ’n ge­sin bly of ’n huis huur. Kos­te Va­n­af R350 per ka­mer per nag vir twee mense. Kon­tak Buyis­wa Gor­ga 072 448 0520; ri­bo­go­ra@gmail.com The Cas­t­le Back­pac­kers The Cas­t­le is 3 km bui­te Gra­ham­stad op die Bel­mont­val­lei-pad en wek sy eie krag op. Hier is groen­te­tui­ne, een­de, hoen­ders, ha­sies en ’n ri­vier. Al­le in­drin­ger­plan­te is uit­ge­roei om plek te maak vir 60 in­heem­se bo­me (tot dus­ver). Die ka­mers is ge­mak­lik en die at­mos­feer ont­span­ne. Kos­te R450 vir ’n en sui­te-dub­bel­ka­mer; R550 vir ’n kot­huis met slaap­plek vir drie. Kon­tak Ja­kes Vos­loo 082 813 1611; the­cas­t­leg­ht@gmail.com

Moun­tain View Ma­nor Moun­tain View Ma­nor is op die Moun­tain View-pad, met mooi uit­sig­te oor die dorp. Die oor­spronk­li­ke ge­bou is by­na 50 jaar lank deur die SAUK ge­bruik, maar dis se­dert­dien op­ge­knap om luuk­se B&O-ver­blyf en self­sorg-op­sies te bied. Kos­te Self­sorg va­n­af R450 p.p.; B&O va­n­af R500 p.p. wat deel Kon­tak S­ha­ron Banks 083 495 8731; moun­ta­in­vma­nor.co.za

Aloe and E­lep­hant Lod­ge Hier­die lod­ge is op ’n 60 ha-wild­plaas net langs die N2, so­wat 12 km van Gra­ham­stad af. Wil­li­am en Te­re­sa Yell is die nuwe ei­e­naars.

Hier is nie groot roof­die­re nie, en dis dus vei­lig om deur die bos te wan­del op soek na ka­meel­per­de, nja­las, wa­ter­bok­ke, e­lan­de en an­der bok­ke en vo­ëls. Of be­spreek ’n wil­drit by die Pum­ba­wild­re­ser­vaat langs­aan. Wil­li­am brou sy eie bier – teug aan een ter­wyl jy ’n wa­ter­gat dop­hou! Kos­te Va­n­af R795 p.p. wat deel, ont­byt in­ge­sluit. Kon­tak 082 990 0318;

al­oe­an­de­lep­hant­lod­ge.co.za

DORPSGREPE (an­ti­kloks­ge­wys van bo). Vrien­de en fa­mi­lie van Ba­sil Mills ver­tolk ’n oor­logs­to­neel; die klub­huis van die Bel­mont-gholf­klub; Ba­sil Mills se a­ban­tu bom­lam­bo – mense van die ri­vier – by ’n hei­li­ge poel in die Blou­krans­ri­vier; die oud­ste wer­ken­de pos­bus in die land; dis op die hoek van Bat­hurst- en So­mer­set­straat.

KYK WYD. Die uit­sig van Moun­tain View Ma­nor af oor die Moun­tain View-pad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.