Aan­stap, speg, die pad is lank en swaar...

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ons het die na­week na­by Rust de Win­ter ge­kamp. Oom Sa­rel Harm­se, ’n vriend van my ou­pa, het een og­gend vir my ver­dui­de­lik van vo­ël­skyk en die ver­skil­le tus­sen die vo­ëls uit­ge­wys.

Daar kom sit toe ’n Ben­nett­speg op ’n droë tak by ons woon­wa. Oom Sa­rel neem fo­to’s. Hy wys toe vir my wat­ter knop­pie om te druk en hoe om die lens te draai. La­ter gee hy vir my die ka­me­ra aan.

Hy sê toe ek het baie mooi fo­to’s ge­neem vir ’n eer­ste po­ging. Op dié fo­to lyk dit as­of die speg “Aan­stap Rooi­es” doen, want hy stap en hy het ’n rooi kop­pie.

Ons dans el­ke na­week op “Aan­stap Rooi­es” by die Kar­lien­tjie-volk­spe­le­la­er in May­vil­le, P­re­to­ria. Ek is nou baie lief vir vo­ël­skyk. Dit is ’n lek­ker stok­perd­jie. Ek gaan nog vo­ël­fo­to’s vir Weg stuur.

GRETCHEN JO­NES (11), P­re­to­ria >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.