Wes­kus­va­kan­sies is die bes­te

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ek het won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge aan va­kan­sies in Na­ma­kwa­land. As kin­ders het ons ge­weet as ons by die Clan­wil­li­am­dam se pe­trol­pomp in­trek, is die see nie meer ver nie. Net ná Koe­ke­naap (inlas) vat ons die grond­pad, en wan­neer ons deur die hek­ke dus­kant S­kaap­vlei­plaas ry, rek ons nek­ke soos skil­paaie om eer­ste die see te kan sien. Ons a­dem die koel sout­see­lug in soos ’n dier wat wind­op prooi ruik.

En dan draai ons af na Gert du Toit se Baai. Die blou dam met sy ru­we kus lê soos ’n skil­de­ry voor jou. Nou volg daar dae van pret en ple­sier. Jy staan vroeg­og­gend op en ge­niet kof­fie en be­skuit. Dan word ons “ge­pleis­ter” met son­brandroom, want net hon­ger en dors bring ons te­rug kamp toe. Ek het met laag­wa­ter vir ki­lo­me­ters die ge­typoe­le ver­ken. Of saam met my broers, nig­gies en ne­fies in die sloe­pe ge­swem.

Laat­mid­dag, wan­neer die son be­gin sak, drom ons saam om die vuur in die skerm tus­sen geu­re van vars vis op die ko­le. Op die fo­to links staan ek in die rooi swem­broek, in 1969-’70. En die bes­te van al­les – ek hou nog steeds daar va­kan­sie!

MA­RIE VAN S­CHALK­WYK, Dur­ban­vil­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.