Bad in ’n krat

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ons het on­langs ge­kamp by die Boe­goe­berg-4x4-kamp­ter­rein na­by Clan­wil­li­am. Die Sa­ter­dag­og­gend wei­er my dog­ter­tjie, Mia (2), om saam met my te gaan stort.

Sy was lek­ker vuil van bui­te speel, toe maak haar pa ’n plan. Hy het al sy ge­reed­skap uit die krat ge­haal en toe was sy haar­self skoon ter­wyl die son op haar skyn.

ANEL LE ROUX, Pa­row

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.