A­pol­lo II nog net so lek­ker

Weg! - - Vooraf Briewe -

Die mid­de­stad van P­re­to­ria het die af­ge­lo­pe paar de­ka­des heel­wat ver­an­der. Die troe­tel­dier­win­kel in die Koe­doe-ar­ka­de het lank­al sy deu­re toe­ge­maak. Die Zil­ler­tal-re­stau­rant, waar die san­ger C­li­ve Bru­ce die te­le­vi­sie­pro­gram Sing Coun­try op­ge­neem het, is nou deel van die Lou­is Pas­teur-hos­pi­taal. Die So­mer­set-re­stau­rant en kroeg wat ag­ter die Poyn­ton­ge­bou ge­leë was, het na P­re­to­ria-Wes ge­trek.

Toe ek nog in die stad ge­werk het, het ek dik­wels Nick, die G­riek, se A­pol­lo II-re­stau­rant-en-ka­fee aan­ge­doen. Soms in die og­gend vir ’n tee­tjie, maar meest­al in die mid­dag, op pad na die taxi wat ek in Boom­straat ge­kry het.

On­langs was ek weer in die om­ge­wing, en tot my ver­ba­sing sien ek dat die A­pol­lo II steeds be­staan.

Ge­raam­de af­skrif­te van Da­na Sny­man se koe­rant­ar­ti­kel “Hap (h)eer­lik hier” ver­sier die mu­re. Die re­sen­sie wat hy toe ge­skryf het, is steeds re­le­vant. Die spys­kaart is on­ver­an­derd, die kos nog net so lek­ker, die pry­se bil­lik en die diens puik.

Stu­den­te van die na­by­ge­leë P­rin­cess Col­le­ge het groot­liks die hof­per­so­neel ver­vang wat daag­liks hier ver­by­ge­loop het. Die me­tro­raad se bus­se wat in Paul Kru­ger­straat ver­by ge­kom het, is her­lei om plek te maak vir die nu­we A Re Yeng-snel­diens.

As jy weer in daar­die ge­wes­te kom, loer ge­rus in by A­pol­lo II. Dis sen­traal ge­leë tus­sen kerk­plein en die die­re­tuin, op die hoek van Paul Kru­ger- en Jo­han­nes Ra­mok­ho­a­se-s­traat.

LE­ON L. KALTWASSER, P­re­to­ria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.