2

Weg! - - Agterpaaie Karoo -

Of dit nou jou pad kruis as tjop, boud, rib­be­tjie, bur­ger­pat­tie – of som­mer in groot­maat op die spit – jy gáán skaap­vleis eet op ’n reis deur die Ka­roo. Ons het so­veel ge­ëet dat ons we­ke ná ons reis nog soms on­wil­le­keu­rig ge­blêr het.

Ka­roo-skaap is reg­oor Suid-A­fri­ka be­kend as die geu­rig­ste skaap­vleis, maar wat pre­sies maak dit so lek­ker? Dees­dae is Ka­roo-skaap ’n “amp­te­li­ke” ding, want om jou plaas se vleis as ég­te Ka­roo-lam te kan be­mark moet jy ’n hand vol spe­si­fie­ke bos­sie­spe­sies op jou plaas hê: sil­wer­ka­roo ( P­lint­hus kar­rooi­cus), skaap­bos­sie ( Pent­zia spi­nes­cens), ka­pok­bos­sie ( E­ri­o­cep­ha­lus e­ri­coi­des), ri­vier­gan­na ( Sal­so­la gla­bres­cens), an­ker­ka­roo ( Pent­zia in­ca­na) en per­de­bos ( P­te­ro­nia glau­ca/Ro­se­nia hu­mi­lis).

Met dié mond vol kruie ’n skaap hom­self ter­wyl hy bos­sies vreet en sie­daar – jy kry daar­die on­mis­ken­ba­re Ka­roo-smaak op jou bord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.