7

Weg! - - Agterpaaie Karoo -

Par­ty dor­pies is moe­ër as an­der en die ont­vol­king van die plat­te­land is ’n werk­lik­heid, maar die Ka­roo is ook op ver­skeie ma­nie­re aan die her­leef.

Op Mur­rays­burg trek jong paar­tjies te­rug dorp toe, vloei die lei­wa­ter vir die eer­ste keer in de­ka­des en hier het on­langs ’n kleu­ter­skool en ’n pi­la­te­s­a­tel­jee oop­ge­maak.

Dor­pies soos Lox­ton en Mer­we­vil­le is ge­reeld die ag­ter­grond vir A­fri­kaan­se flieks en dra­ma­reek­se wat hier ge­skiet word.

Ka­roo-en­tre­pre­neurs werk flink om toe­ris­te na hier­die hart­land te lok. Soos Pie­ter en El­ma­rie Naudé se Wil­lis­ton Mall en Win­ter­fees, Dou­we Vlok wat nu­we stap- en fiets­roe­tes in die ber­ge tus­sen Fra­ser­burg en Beaufort-Wes ves­tig en Jurg Wa­ge­ner met sy ge­wil­de ster­re­ky­k­aan­de bui­te Sut­her­land.

Die riel­dans is ook aan die her­leef, soos ’n gees­drif­ti­ge span­ne­tjie kin­ders – Die A­man­del­boom S­tap­pers – ons een mid­dag in ’n stof­straat in Wil­lis­ton ge­wys het.

KAP ’N RIEL! Wil­lis­ton se Die A­man­del­boom S­tap­pers met Hein­rich Eras­mus as voor­dan­ser laat die riel lééf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.