10

Weg! - - Agterpaaie Karoo -

Jy kom na die Ka­roo om stil­te te er­vaar. Om ’n klip sta­dig op te tel en lank daar­na te staar.

Om te sien hoe die wol­ke maal en op­bou en don­der­wol­ke word en weg­dryf en ver­der op die ho­ri­son gaan staan en blits en re­ën.

Jy kom na die Ka­roo vir die veld vol le­we­rik­ke, kor­ha­ne, blou­kraan­vo­ëls en bleek­sing­val­ke. Jy kom vir die klan­ke van die og­gend en die klan­ke van die aand.

Maar bo­wen­al kom jy vir die stil­te. Die stil­te be­gin dalk bui­te in die na­tuur, maar om to­taal rus­tig te word, om jou­self slap te kom ont­span, moet jy die stil­te ook bin­ne jou be­gin voel. Hoe lan­ger jy in die Ka­roo bly, hoe be­ter is jou kan­se.

Haal diep a­sem. Stap al­leen in die veld. Sit on­der die ster­re wan­neer die an­der gaan slaap het. En wag. Wag vir die stil­te rond­om jou om met die stil­te bin­ne jou te be­gin ge­sels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.