JO­HAN BEU­KES

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s - IP­ho­ne 7

JO­HAN VER­TEL: Ek het hier­die fo­to op ’n kop­pie ge­naamd Je­an’s Hill bui­te K­lein­mond ge­neem.

Dis ’n rus­ti­ge 30-45 mi­nu­te se stap tot bo, en baie toe­gank­lik. Die roe­te is so­wat 3,5 km lank in ge­heel en jy klim tot op ’n hoog­te van 160 m bo see­spie­ël.

TO­AST SÊ: Daar’s niks so mak­lik soos om jou sel­foon saam te neem op ’n sty­we stap­pie saam met jou hond nie – dan het jy mos klaar ’n ka­me­ra by jou vir daai spog­fo­to wat jy nou-nou op In­sta­gram gaan laai wan­neer jy weer sterk sein het...

Jo­han se kom­po­si­sie is per­fek. Deur die fo­to van ef­fens la­er as sy hond, Hei­ka, te neem kon hy sorg dat sy bo die ho­ri­son uit­troon. Dit ver­toon be­ter.

Die kant­pro­fiel van die hond werk goed. Ver­al die po­si­sie van die kop is be­lang­rik, want as die hond na regs ge­kyk het, sou ons nie die kop so mooi kon sien nie. Wat ge­maak as die hond ver­keer­de kant toe kyk? Roep haar en kliek wan­neer haar kop jou kant toe draai!

Ek hou ook van die na­tuur­li­ke ly­ne in die land­skap, van die strook ge­boue van die woon­buurt hier on­der tot die ho­ri­son­lyn van die see en dan die wolk­ba­ne na bo.

Als ne­tjies op sy plek! >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.